Hartsprogramme op RSG

  • 3

Sidney Gilroy skryf op Facebook:

Dit is nogal hartseer dat “Nic se goed” op RSG tot ’n einde gaan kom. Miskien is ek net ietwat iesegrimmig, maar Nic de Jager se program, saam met ander gunstelinge soos “U eie keuse”, “Sterre en planete”, “Boekvoorlesing”, “Saterdagsprankel”, “Goue oues” en “Vastrap”, is die vernaamste redes waarom RSG altyd by ons in die huis speel. Die African Grey is mal oor “Poen en Toekie”, byvoorbeeld.

Deesdae word die radio egter gereeld afgeskakel. Daar is bedags net te veel musiek wat so baie klink asof die lirieke en/of die musiek deur AI geskep is. (Hoe kom dit verby die persone wat die speellyste saamstel, of is dit presies wat mense wil hoor? Ek wonder dit altyd.)

Dalk is dit tyd vir verandering. Dalk is daar ’n nuwe generasie wat na ander programme en ander tipe musiek wil luister. ’n Radiostasie is per slot van sake ’n besigheid en adverteerders sal net bly as die mark waaraan hulle smous, daar is om na hul advertensies ook te luister. Ek hoop egter dat daardie hartsprogramme op ander platforms of by ander radiostasies ’n tuiste vind, sou hulle ook in die hek moet duik...

  • 3

Kommentaar

  • Lafras Verwey

    Die hele SAUK behoort gesluit te word. Dit was nog al die jare net maar 'n propagadamasjien. Eers van die regerings voor 1994, en toe van die ANC. Daarby is dit net 'n bodemlose put van uitgawes. Radio en televisie is verouderde tegnologie. Daar is nie meer geld te maak deur adverteerders nie.

  • Theo du Plessis

    Inderdaad uiters hartseer en getuienis van 'n strewe na vervlakking voortspruitend uit 'n soort boedeloorgeementaliteit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top