
Sidney Gilroy skryf op Facebook:
Dankie, Hein, vir jou uitgebreide teks (meestal onveranderd) van wat gesê en wat bedoel is en dat jy jou bedoeling beter omlyn het. Ook dat jy apologie aanbied en die foto’s verwyder van menings en persone op Lekkerleesboekrak en dat jy die moeite gedoen het vir ’n tweede rondte van analise met KI en daardie bevindinge deel. Ook dat jy jou argument versterk en hoofpunte daarvan onderstreep. Jou gevolgtrekkings effens uitbrei en nuanseer.
Ek is jammer as die debat dalk te fel en vurig geraak het, van my kant persoonlik af ook.
Skrywers is ’n passievolle klomp – en lesers is selfs meer so. Ek is ook jammer iemand het jou ’n nincompoop genoem (wát is dit?).
Ek verstaan nou. Ek berus my by hierdie latere teks en nie die opname of PPT van jou gesprek nie. Dit is belangrik, ja, om die kwaliteit en diversiteit van Afrikaanse letterkunde te verseker en te sorg dat dit steeds sigbaar en toeganklik bly. Om die mediums te benut wat duisende alreeds gebruik. Om die brug tussen die veld van beperkte produksie en die veld van grootskaalse kultuurproduksie te bou. Dat almal nodig is om die Afrikaanse digitale kanon tot stand te bring.
Lees ook:
Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmaker
Elders gesien: Beide die cappuccino- en flat white-drinkers is gekultiveerd
Elders gesien: Ek self vind die hele storie nou al ’n bietjie opgeblaas

