
Marius Swart skryf op Facebook:
Luan slaan die spyker, soos gebruiklik, op die kop. Ek self vind die hele storie nou al ’n bietjie opgeblaas. Daar was een praatjie by een funksie, en daar is aanstoot geneem daaroor. Dis nie vir my om te oordeel of iemand anders se aanstoot geldig is al dan nie. Maar skielik word die woord “debat” sommer weer rondgegooi, mense word verdeel in “smaakmakers” vs “akademici”, en goed word aan laasgenoemde groep toegedig waarvan daar geen bewys of rekord aangebied word nie. As mens vra dat die veralgemenings beter uitgeklaar word, word jy persoonlik aangeval en/of name genoem, en is dit voldoende vir mense om gewoon te sê “dis hoe ek voel en daarom is dit hoe dit is”. Kennis wat deur jare se studie opgebou is, word sonder meer afgemaak as snobisties.
Raar, dit alles.
Oor die etiek van skermskote uit ’n Facebookgroep het ek self sterk gevoelens, soos ek al elders genoem het. Maar om te maak asof hierdie praatjie ’n volwaardige akademiese lesing met voldoende bewysvoering was wat die opinie van enige “akademici” meer as net die spreker voorstel, is darem nou wragtig ten beste onakkuraat en ten slegste moedswillig.
Lees ook:
Elders gesien: Beide die cappuccino- en flat white-drinkers is gekultiveerd
Elders gesien: Dat almal nodig is om die Afrikaanse digitale kanon tot stand te bring
Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmaker

