Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmaker

“Op die ou end is daar dalk nie so ’n groot verskil tussen kritici en smaakmakers nie. Albei is as’t ware koffie met melk. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die kriteria wat hulle gebruik. Hulle maak eerder ’n spektrum uit as ’n teenstelling. Die verskil lê moontlik eerder in die medium wat gebruik word.”