
Prent: Canva
- Sidney Gilroy skryf hierdie kommentaar elders op Facebook. Die inskrywing word met sy toestemming op LitNet geplaas.
Ek is lief vir Afrikaans en ek dink #smaakmakers is nodig. (Ons kan later stry oor ’n beter benaming en die karikaturisering van ons taal.)
Waardige wenner vanjaar. Om die volgende redes:
Hy gebruik die “tools” van sy medium (Instagram) tot sy maksimum voordeel: kort video’s, bullet-teks en ’n professionele uitleg op sy profiel.
Hy het ’n enorme reikwydte. Veral die shares en inbox-deelaksies is groot.
Daar is ’n narratief wat dwarsdeur sy hele profiel weergalm — amper iets soos “die soekende (jong)mens”.
Hy “praat” met ’n demografie wat uitgewers glad nie weet hoe om by uit te kom nie: jongmense.
So — hy is wat ons in bemarking ’n “unicorn influencer” noem.
Dit alles gesê: hy dien tans nie die juiste teikenmark van uitgewers nie, máár hulle kan hom dalk probeer oortuig om dieselfde vir ander skrywers en digters te doen. Óf daar word breedweg besef dat hierdie die “blueprint” is oor hóé om by jongmense uit te kom op 'n platform wat tot op hede maar redelik skraal daarna uitgesien het vir leeskultuur. Verwag dat ander (en uitgewers) hom gaan na-aap.
Bemark hy boeke in die tradisionele sin van die woord? Nee. Is dit literatuur wat hy aanhelp? Ja. Digkuns ís literatuur.
Help hy ’n leeskultuur aan? Baie beslis.
As duisende mense digkuns in Afrikaans deel en vir mekaar stuur — léés hulle.
Die taal wen. Die leser wen.


Kommentaar
Bly om te sien Netwerk24 het nog genoeg geld om spog-glansgeleenthede soos hierdie aan te bied en ons taal se voorste meningsvormers te vereer. Dit is sekerlik die belangrikste Afrikaanse kultuurgeleentheid van die jaar en bevestiging dat Afrikaanse mense nog styl en diepte het.