Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Munisipale verkiesing: Dink hieroor
2026-03-13"Die waterkrisis is sekerlik die ernstigste van alle uitdagings. Die land se grootste en belangrikste stad gaan gebuk onder nypende wateronderbrekings."
Wyngaard Weekliks: Ja of nee dat UWK na Allan Boesak vernoem word?
2026-03-12Die vieringe van Allan Boesak se 80ste verjaardag gaan met omstredenheid gepaard. Daar word berig dat die bestuur van die Universiteit van Wes-Kaapland teen ’n naamsverandering besluit het. Dit is nie noodwendig die einde van die debat nie. Heindrich Wyngaard luister na die uiteenlopende menings van Christian Martin, voorsitter van die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name, en Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk.
Mené, mené, tekél, ufarsín
2026-03-11"Niemand weet regtig wie agter die sleutelborde sit nie. Skuilname en KI-gegenereerde profielprentjies verskaf die vermeende bravade aan die giftiges wat so bankrot aan intellek is dat hulle liefs nie in debat tree nie, maar trots gevurkte tonge, die mantel van eenogigheid, dra."
Hoëwaardevroue vs hoëwaardemans?
2026-03-11"Vroue kan doen wat mans doen. Die jonger geslag vroue wil meer as net ’n lyf en bakkie hê met die bekende trekkerplakker agterop die klap van die bak."
Die Madlanga-kommissie ontbloot die skadustaat
2026-03-11"Wat begin het as ’n ondersoek na politieke inmenging, het nou tot ’n volskaalse ondersoek van senior amptenare in die polisie, munisipaliteite en ander staatsinstellings ontwikkel. Terwyl die Zondo-kommissie op die kaping van staatsbeheerde ondernemings gefokus het, teiken die Madlanga-kommissie die intelligensie- en veiligheidsnetwerke wat veronderstel is om die publiek te beskerm."
Uitnodiging: FilosofieKafee – Is politieke ideologie ’n sinvolle manier om idees te orden, maar ’n swak manier om mense en gemeenskappe te verstaan?
2026-03-11Alle belangstellendes word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 13 Maart in Wellington. Daniël Eloff is die spreker.
Stemnota: VSA-Israeli-konflik met Iran
2026-03-10Gebaseer op onlangse gebeure in 2026, het die VSA, in samewerking met Israel, op 28 Februarie 2026 groot lugaanvalle teen Iran geloods. Verskeie teikens is getref, en dit het tot die dood van die opperleier, ajatolla Ali Khamenei, gelei. Theo Venter neem bestek op.
Elders gesien: RIV Louise Cilliers (83)
2026-03-10Taal het nog’ie krag om vi ôs te verras: orie 22ste Johan Combrink-gedenklesing
2026-03-09"Ôs moet leer om huise te maak deu ôs eie tale. Ôs kan later by voorskriftelike denke en sintaksis en reëls uitkom. Maar wat belangrik is, is om te onthou dat ôs taal maak, dat die act van skep vryheid is. Hierdie gedenklesing deu Eigelaar-Meets reminds us dat taal vryheid is, altyd."
Keynote: Why does my mother tongue matter?
2026-03-06Alta Vos, editor of LitNet Akademies (Opvoedkunde), was a guest speaker at the My Language Matters event on 27 February 2026 at CPUT: "LitNet has pioneered a multimodal and hyperlink context, where articles are enriched with links to related debates, multimedia and responses. This digital format allows Afrikaans scholarship to be interactive, layered and globally accessible, ensuring that Afrikaans researchers are part of a living, evolving conversation, rather than being isolated voices."
Koos Komiek: Derde Wêreldoorlog?
2026-03-06Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.
LitNet se skolemateriaal: RSG-onderhoud
2026-03-06Ouers, leerders, onderwysers, oumas en oupas: RSG Kompas se Hazel Janse van Rensburg gesels met LitNet se Menán van Heerden oor LitNet se skolemateriaal, insluitend gratis vraestelle en wiskundevideo’s. Luister na die potgooi.
Huldeblyk: Soli Philander (1961–2026)
2026-03-05"Soli se afsterwe is ’n groot verlies, maar hul nalatenskap bly voortbestaan. Hulle het tye oorbrug, ’n stem gegee aan gemeenskappe wat dikwels oor die hoof gesien word, en ons daaraan herinner dat lag en storievertel dade van oorlewing is."
Stemnota: Trump en wêreldwye energiebeheer
2026-03-05Luister na politieke ontleder André Duvenhage se stemnota oor die streeksoorlog in die Midde-Ooste en die moontlikheid dat dit kan uitbrei tot ’n derde wêreldoorlog. Hoe raak dit SA?
Ian von Memerty: Control, theatre and the seduction of self-deliverance – reflections on autonomy, dignity and the self
2026-03-05"This reflection emerged from a public conversation following the death of South African performer and writer Ian von Memerty, whose online series on 'self-deliverance' sparked wide debate about autonomy, ageing and dignity, questions that increasingly confront societies everywhere."
Leesgeletterdheid, intergenerasietaalverskuiwing en mobiliteitsideologie: ’n sosiolinguistiese ontleding van middelklas bruin gemeenskappe in postapartheid Suid-Afrika
2026-03-05"Ouers kies Engels as simboliese en ekonomiese kapitaal. Afrikaans bly emosioneel sentraal, maar verloor funksionele domeine. Hierdie dinamika speel af binne ’n onderwysstelsel waar fundamentele leesgeletterdheid reeds onder druk is."
Moet my dus nie "oom" noem nie
2026-03-05"Ek weet ek is ’n donnerse oom. Die Louis Vuitton-sakke onder my oge gil dit elke oggend luidkeels vir my wanneer ek my tande borsel."
Aan Anderson Cooper: Wie het gewen?
2026-03-04Ons het op 24 Februarie gevra: “Wat wil jy vir Anderson Cooper sê oor die Afrikaner?” Julle het geantwoord. Hier is die wenner.
Op dees aarde: Homo sapiens ontmoet Neanderdaller
2026-03-04"Vir meer as ’n dekade is dit bekend dat antieke lede van ons spesie, Homo sapiens, met ons evolusionêre neefs, die Neanderdallers, ontmoet en gepaar het. Maar hoe dit gebeur het, is pas deur die genetika ontrafel."
Ramaphosa laat die wenkbroue lig
2026-03-04"Hoe moet ons sin maak hiervan? was die vraag wat aan twee politieke kommentators – Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden – gestel is in die eerste opname van Wyngaard Weekliks, LitNet se nuutste video-aanbod."
