Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Hoe om jou teen kubermisdaad te beskerm: Wees krities in die kuberruimte

Basie von Solms Seminare en essays 2026-06-11

"Wees uiters versigtig om op onbekende skakels te klik as jy nie weet waarheen dit jou gaan neem nie."

’n Ope brief oor artikel 235, Orania, Strydenburg, Rehoboth en die toekoms van die Afrikaner, as ’n gesprek onder toegewyde Afrikaners

Cornelius Henn SêNet-briewe 2026-06-10

"Orania en Rehoboth dien as lewende voorbeelde van wat moontlik is wanneer hierdie beginsels toegepas word, maar het self ook steeds sorg nodig vir hul toekoms."

Elders gesien: Aan die begin van Facebook was ek nogal op ’n seepkis.

Wilna Adriaanse Menings 2026-06-10

"Maar vandag wil ek weer op daai seepkis klim. Kan iemand asseblief vir my sê waarom RSG dit nodig ag om met Mel Viljoen ’n onderhoud te voer?"

Wat Hill-Lewis by Zille, Obama en Churchill geleer het. Plus: Hoekom hy glo ’n “ANC-verswakte SA” kan sterk gemaak word

Heindrich Wyngaard Menings 2026-06-09

"Om doelgerig te lewe is vir hom belangrik – en dit is ook waarom hy die politiek as loopbaan gekies het. Tesame daarmee, is mense die spilpunt waarrondom alles vir hom draai."

Op dees aarde: Bekende ysmummie lewer nog ’n verrassing op

Elsabé Brits Rubrieke 2026-06-08

"Die 5 300 jaar oue oorblyfsels van Ötzi die Ysman huisves beide antieke en moderne mikrobes, waarvan sommige metabolies aktief is ..."

iPendoring Awards 2026: an interview

Naomi Meyer, Eben Keun Interviews 2026-06-05

"The solution starts with a strong idea. If an idea is built on a simple human truth that people recognise and understand, language becomes far less of a barrier. A strong concept creates an emotional connection first, and language simply carries it."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-06-05

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Jou dienskontrak en aftreeouderdom: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Judith Geldenhuys, Jacques Nieuwoudt Onderhoude 2026-06-04

Weens baie faktore, veral finansiële oorwegings, tree baie mense later af as in die verlede. Vir sommige mense is "aftrede" nie eens meer deel van hul woordeskat nie. Maar hoe gemaak as jou werk se dienskontrak bepaal dat jy slegs tot op ’n sekere ouderdom mag werk voordat jy verplig word om af te tree? Jacques Nieuwoudt en Judith Geldenhuys praat oor hul onlangs verskene LitNet Akademies (Regte)-vonnisbespreking: die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging.

Wyngaard Weekliks: "Ek het baie by Helen Zille geleer," sê Geordin Hill-Lewis. Om Suid-Afrika sterker te maak is sy groot missie.

Heindrich Wyngaard, Geordin Hill-Lewis Onderhoude 2026-06-03

Die nuutverkose leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, praat met Heindrich oor hoe sy ouers se egskeiding hom as mens gevorm het, hoe baie hy by Helen Zille geleer het, sy verhouding met pres Cyril Ramaphosa, en waarom hy alles in die stryd gaan werp om van Suid-Afrika ’n sterker land te help maak.

Regstelling is belangrik, maar ras behoort nie die maatstaf te wees nie

Heindrich Wyngaard Menings 2026-06-02

"Maar daar is ’n ander gróót verlies, voeg hy by, wat nie alte gereeld genoem word in hierdie soort gesprekke nie – en waarvoor hy mense nie eintlik sien baklei nie. Dit is die verlies aan identiteit."

Wyngaard Weekliks: Regstelling is nodig, maar moet dit op grond van ras wees? 

Heindrich Wyngaard, Glen Snyman Onderhoude 2026-05-29

Glen Snyman van People Against Race Classification, wat veg vir die kriminalisering van die term "Coloured", sê aan Heindrich waarom hy glo regstelling het steeds ’n plek in die normalisering van die Suid-Afrikaanse samelewing. Hy stem egter nie saam dat ras noodwendig die maatstaf daarvoor moet wees nie.

Elders gesien: Jou brein werk eintlik béter wanneer jy met die hand skryf.

Trisa Hugo Menings 2026-05-27

"Dekades gelede, toe ek studeer het, het ek opsommings gemaak, en dan die opsommings opgesom in ingewikkelde matrikse met weird assosiasies. Kom eksamentyd, het ek net die foto van die matriks in my kop gesien en dit dan weer uitgebol totdat ek die handboek as foto’s gesien het."

Van ’n Saksiese dorpie tot in die Kaap: die Henn-familie se merkwaardige reis

Cornelius Henn SêNet-briewe 2026-05-27

"Saam het Michiel, die Saksiese ambagsman en wamaker, en Christina, met haar Oosterse en Kaapse bloed, die stamouers van die Henn-familie in Suid-Afrika geword. Hulle is met vyf kinders geseën."

Danny Titus-gedenklesing: Konstitusionele Hof-regter tree in die bres vir Afrikaans as onderrigtaal

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2026-05-27

"Dit is nie elke dag dat ’n dienende Konstitusionele Hof-regter in die openbaar verklaar dat Afrikaans inheems is, dat die taal se geskiedenis verdraai is, en dat bruin Afrikaanssprekendes steeds vir erkenning moet veg nie. Daarom was Steven Majiedt se Danny Titus-lesing veel meer as net ’n gedenktoespraak. Dit was ’n grondwetlike regter se openbare pleidooi vir ’n meer volledige Suid-Afrikaanse geheue."

Die WAT kotiljons op 100 jaar!

Maryke Roberts Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2026-05-26

"Bykans 500 gaste – redakteurs, bydraers, borge en medewerkers wat die afgelope eeu gehelp het om die droom van ’n omvattende woordeboek vir Afrikaans te verwesenlik – het saam kom feesvier, want dis ’n groot voorreg."

Athol Fugard se besondere verhouding met Afrikaans: persoonlik en eiesoortig

Marisa Keuris Seminare en essays 2026-05-26

"In hierdie artikel word die fokus geplaas op Athol Fugard se verhouding met Afrikaans, asook sy eiesoortige gebruik van Afrikaans in sy dramas. Terwyl hy dikwels Afrikaans gebruik het in talle van sy Engelse dramas, fokus ek in hierdie bespreking net op hierdie aspek van sy Engelse drama Boesman and Lena (1969), terwyl die bespreking afsluit met ’n kort ontleding van die taalgebruik in sy Afrikaanse drama, Die laaste karretjiegraf (2012)."

History in the classroom: Why CAPS must look beyond ideology

Greg Kyle SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-05-21

"Curriculum change is ongoing, and we cannot instantly label these campaigns as an immediate cause. But the proximity of a new history CAPS to a charged political movement does make it harder to view the revision within a purely pedagogical space."

Standpunte oor menslike versus KI-ondersteunde psigoterapie

Handré Brand Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-05-20

"Sou die Franse filosoof Roland Barthes se konsep 'death of the author and birth of the reader' aangepas kon word na 'death of the client and birth of AI'?"

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Munisipale verkiesing 2026 – waarvoor maak Suid-Afrikaners hul stem dik?

Jean Oosthuizen Menings 2026-05-20

"Wanneer mense nie meer glo hul stem maak ’n verskil nie, ontstaan die gevaar dat protesaksie en populisme die plek van deelname inneem. Dit is waarskynlik die grootste uitdaging vir 4 November. Nie net om stemme te wen nie, maar om mense weer te laat glo dat stemme saak maak."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Afrikaanse radio: Op pad na uitsterwing of ’n nuwe bloeityd?

Jean Oosthuizen Menings 2026-05-20

"[I]n ’n era van Spotify, TikTok en kunsmatige intelligensie is dit nie meer vanselfsprekend dat jongmense nog soggens hul radio aanskakel nie."

Top