Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Op dees aarde: SKAO in die Karoo bereik eerste mylpaal

Elsabé Brits Rubrieke 2026-01-09

"Die afgelope twee jaar is die eerste sewe antennas van die SKA-Mid, soos dié teleskoop op die terrein bekend staan, sowat 90 km buite Carnarvon opgerig. SKA-Mid verwys na die middelfrekwensieradiogolwe wat dit van die heelal kan opspoor."

Die nuus

Riku Lätti SêNet-briewe 2026-01-08

"Cyril het net laat weet die tjek is in die rusbank op die boot, Suid-Afrika wag net op die olie ... Ons verwag dit gaan ’n lang, vreedsame oorlog wees vir Suid-Afrika."

Die Lasarus-effek: Peter Blum (1925–1990)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-07

"Peter Blum was een van die mees raaiselagtige en vlymskerp figure in die Afrikaanse letterkunde. Hy is in Europa gebore (waarskynlik in Wene) en het as kind in 1936 na Suid-Afrika gekom om aan die opkoms van Nazisme te ontkom."

Amerikaanse optrede in Venezuela: 3 Januarie 2026

Theo Venter Menings 2026-01-06

"Die onsekerheid en ontwrigting van die Maduro-regering gaan verdiep, en ’n fase van onstabiliteit lê beslis voor. Die grens met Colombia is een so ’n brandpunt, met ongeveer 7 miljoen vlugtelinge uit Venezuela wat hulle tans in Colombia bevind."

Jou KI-IK: Jou Suid-Afrikaanse erfenis

Menán van Heerden LitNetKanaal op YouTube 2026-01-06

KI praat Afrikaans. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. "Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?" 

Die Lasarus-effek: Hettie Smit (1908–1973)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-06

"Smit word vandag onthou as ’n pionier wat die Afrikaanse taal met ’n 'fyn en verfynde' hand bespeel het en as ’n vrou wat die moed gehad het om haar diepste sielsleed in kuns te omskep."

Wat sê Bettina? Trump as Venezuela se bevryder?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2026-01-05

"Indien daar nie baie binnekort op beslissende wyse opgetree word teen Amerikaanse ingrepe in Venezuela nie, kan ons ons gereedmaak vir ’n nuwe era van imperialistiese ingrepe in verskeie wêrelddele."

’n Nuwejaarsgeskenk aan LitNet se lesers: Pieter-Dirk Uys se eenmanvertonings

Pieter-Dirk Uys Menings 2026-01-05

"Hier is ’n Nuwejaarsgeskenk aan alle LitNet-lesers. Klik hier om vier gratis toneelstukke af te laai en te lees. Die tekste van hierdie vier eenmanvertonings ('one man shows') sal jou aan vroeëre tye herinner, jou laat wonder en jou hoop gee. Ons is hier, ten spyte van alles!"

Seisoengroete aan die einde van 2025

LitNet Menings 2025-12-24

LitNet wens al sy lesers en bydraers ’n salige feestyd aan die einde van hierdie jaar toe.

Die Lasarus-effek: Ernst van Heerden (1916–1997)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-24

"Ernst van Heerden was een van die mees verwikkelde en gerespekteerde figure in die Afrikaanse letterkunde. Sy lewe en werk is gekenmerk deur ’n fassinerende paradoks: die viering van fisieke krag teenoor die pynlike verwerking van liggaamlike aftakeling."

Kernredaksiekeuses: beste van 2025

LitNet Menings 2025-12-24

Op die laaste nuusbrief van 2025 is die statistieke aangekondig: Wat was die artikels wat die meeste deur lesers gelees is? Kunsmatige intelligensie het ook insette gelewer en deur middel van rekenaardenke artikels van 2025 uitgesonder. Vier lede van die LitNet-kernredaksie noem elk artikels van 2025 wat hulle as onderskeie redaksielede getref het.

Die Lasarus-effek: AD Keet (1888–1972)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-23

"Albertus Daniel Keet was ’n veelsydige figuur in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis: ’n gerespekteerde geneesheer, ’n musikale digter en ’n belangrike kulturele skakel tussen Suid-Afrika en Europa."

Tussen huis toe gaan en onderweg bly. ’n Repliek oor geloof, tradisie en bewegende denke

Pieter Duvenage Seminare en essays 2025-12-23

"Daar is tekste wat ’n mens nie onverskillig lees nie. Nie omdat jy noodwendig met alles daarin saamstem nie, maar omdat dit iets raak wat lank reeds onder die oppervlak van ’n generasie se selfverstaan lê. Johann Rossouw se LitNet-bydrae oor geloofsbesering, verlange en die pad 'huis toe' is só ’n teks."

10 jaar later

Jef Boden NeerlandiNet 2025-12-23

Op 28 november zou het 10 jaar geleden zijn dat Mark Behr ons ontviel.

Hanna Hopkins (101) gaan nou koek eet in die hemel

Izak de Vries In memoriam 2025-12-22

"Sy het verskeie reise na die Ooste en Europa onderneem en het ook Tafelberg 'male sonder tal' uitgeklim. As 100-jarige het sy nog elke dag gestap, gereeld geswem en met genoegdoening vertel dat sy deel was van ’n studiekring wat, onder andere, 'vroue van die wêreld' bespreek het."

Chinees-georganiseerde misdaad in Afrika

Fanie Herman Menings 2025-12-19

"Wydverspreide korrupsie in sommige Afrikastate vergemaklik die aktiwiteite van Chinese kriminele triades deur wetstoepassing te verswak en onwettige aktiwiteite ongestraf te laat voortgaan."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Afrikaner(on)geloof en ons geloofsbesering

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-12-18

"In daardie heilige stilte lê die diepste genesing van die geloofsbesering; in stilte, die rus."

50 jaar gelede: tydlyn van Breyten Breytenbach se traumatiese jaar

Francis Galloway Seminare en essays 2025-12-18

"Vanjaar het bepaalde brokkies oor Breyten in Die Burger se Uittreksels-rubriek '50 jaar gelede' my op ’n klein tydlynreis geneem. Die '50 jaar gelede'-brokkies is kort uittreksels uit prominente voorbladberigte; elders in die koerant kon daar ook aanvullende berigte wees."

Springmielies: Deus in Machina – my selfoon spioeneer op my

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-12-18

"’n Vriendin sê nou die dag vir my sy wil nou nie paranoïes klink nie, maar haar selfoon weet alles van haar af. Want, vertel sy my, haar foon hoor en sien alles wat sy doen. En: Die foon verstaan selfs Afrikaans ... Inderdaad: Dit is alles so, en mens noem die verskynsel omgewingsintelligensie (ambient intelligence of AML)."

Die Lasarus-effek: Alba Bouwer (1920-2010)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-18

"Alba Bouwer se literêre loopbaan het op ’n onverwagse manier begin toe Landbouweekblad haar in 1954 versoek het om stories vir hulle kinderrubriek te skryf. Sy het nostalgiese verhale geskep wat teruggryp na haar geliefde plaastyd. Dit het tot die geboorte van Stories van Rivierplaas gelei."

Top