My spies is jou plesier

  • 2

Die Dawid-beeld is afgeneem deur Denis Streltsov van Pixabay.

...
Kliniese seksuoloog Marlene Wasserman (beter bekend as Dr Eve) het die studie se belang so opgesom: mans dink aanhoudend aan hul penisse, maar bespreek hul bekommernisse of gevoelens selde met hul vennote of eweknieë.
...

My spies is jou plesier.

Of is dit?

Wat begin het as ’n onskuldige vraag op Facebook, het baie ander vrae laat ontstaan. Hoe dieper ek gedelf het, hoe meer stof vir behoorlike navorsing het ek gesien.

Die vraag was:

Vir ’n storie... wat noem mense van ongeveer 30 deesdae die manlike geslagsorgaan? Ek het geen probleem om die woord penis te gebruik nie, maar wat sou die jonges dit in ’n informele gesprek in dialoog tussen vriende noem?

Die rede vir die vraag was eenvoudig: ’n Ouer karakter in ’n verhaal waarmee ek besig is, is in die geselskap van haar kinders en hulle vriende, en dit vorm deel van die dialoog. “Ag man, jy dink weer met jou ...” Skrywers is veronderstel om tydsgees reg te kry, nè? Penis sou nie hier werk nie, vandaar die vraag.

Nou, 405 antwoorde later, was daar duidelike tendense, maar ek wou veral weet waarom daar in die 40 jaar sedert ek 30 was, geen nuwe slengwoorde uit hierdie steekproef gekom het nie.

Die navorsing oor terminologie onthul iets dieper as bloot woordkeuse. Die terme wat mans kies weerspieël hoe manlikheid, seksualiteit en mag kultureel verwoord word, en hoe hierdie sienings verander. Dat daar honderde name is vir ’n enkele liggaamsdeel, is self ’n taalkundige en kulturele verskynsel.

Dit is ’n onderwerp wat selde in ernstige akademiese kringe bespreek word, maar tog weerspieël die antwoorde op my vraag ’n verrassende en selfs komiese siening oor kultuur, identiteit en hoe ons verhouding met die liggaam deur taal uitgedruk word.

Wie onthou die debakel oor die Taalmonument en ’n kerktoring as falliese simbole? Twee predikantsvroue het gereken die simboliek van ’n hoë regop struktuur wat hemelwaarts neig, is te direk gekoppel aan die fallus en behoort afgebreek te word. Dit laat my nou wonder oor die twee predikante se anatomie.

Die SAPROBE-studie (2018) is die enigste plaaslike navorsing oor mans en hulle geslagsorgane wat ek oor die onderwerp kon opspoor.

Kliniese seksuoloog Marlene Wasserman (beter bekend as Dr Eve) het die studie se belang so opgesom: mans dink aanhoudend aan hul penisse, maar bespreek hul bekommernisse of gevoelens selde met hul vennote of eweknieë. Mans het dikwels ’n ingewikkelde verhouding met hul falliese organe, aangesien hulle dit beskou as ’n middel om sosiale mag te bevestig en selfvertroue te versterk, terwyl hulle selde hul seksuele gesondheid bespreek.1

Navorsers oor linguistiek, sielkunde en seksualiteit elders in die wêreld het die afgelope drie dekades deeglik ondersoek watter woorde mans gebruik vir hul geslagsorgaan, en die bevindinge is insiggewend. Dit blyk dat die behoefte om alternatiewe name vir die penis te vind, duisende jare oud is, en universeel menslik.

Ouer navorsing deur Jonathan Green en later Deborah Cameron is van belang. Dit word ook aangedui dat lyste terme vir die penis aandui wat manlikheid as ’n daad van dominansie uitbeeld, en seks as ’n daad van verowering. Volgens Cameron se studie het dit ’n klein groep jong mans slegs ’n halfuur geneem om 144 gewone byname vir die penis neer te skryf. Cameron som dit so op: die penis word herhaaldelik as ’n persoon, ’n dier, ’n werktuig of ’n wapen uitgebeeld.

Dertig jaar later het Molly Keating, ’n student aan die Universiteit van Colorado Boulder, Cameron se studie herhaal as deel van die kursus “Language, Gender, and Sexuality.” Sy het twee groepe, vier mans en vier vroue, gevra om binne 15 minute soveel terme as moontlik vir penis neer te skryf. Saam het die twee groepe 209 terme opgelewer.

Manlikheid en skoonheid is in antieke kulture anders verstaan as vandag. Die kunshistoriese rede vir besonder klein penisse in klassieke beeldhouwerk, is een van die gewildste vrae in kunsmuseums wêreldwyd.

Die antieke Grieke het kleiner penisse geïdealiseer in hul beeldhouwerk, skilderkuns en samelewing oor die algemeen. Dit staan direk teenoor die hedendaagse persepsie van groter is beter, meer manlik, maar was diep gewortel in Griekse filosofie. In die Renaissance-kuns is kunstenaars soos Michelangelo baie spesifiek deur antieke Griekse kuns en hul kleinpenis-estetika beïnvloed. ’n Bekende voorbeeld is Michelangelo se David, ’n Renaissance-beeldhouwerk uit Florence, Italië.

Kunstenaar en kurator Ellen Oredsson verduidelik dat groot penisse in die antieke Griekse wêreld met baie spesifieke eienskappe geassosieer is: dwaasheid, wellus en lelikheid. Die ideale Griekse man was rasioneel, intellektueel en gesaghebbend. Sy klein penis het simbolies sy vermoë om sy drifte te beheer, uitgedruk.2

As groot fallusse die mees belustige mans verteenwoordig het, kan die gevolgtrekking gemaak word dat die klein, slap penis selfbeheer verteenwoordig het, soos historikus Andrew Lear dit stel. Die penis was in die antieke Griekeland nooit ’n kenteken van manlikheid of viriliteit soos in ander kulture nie.3

In ’n studie oor sleng rakende manslike en vroulike geslagsorgaan, wat by vyf Britse universiteite uitgevoer is, het deelnemers 351 verskillende terme vir “penis” opgelewer, en slegs drie terme vir die klitoris. Die outeurs het dit beskou as ’n weerspieëling van die samelewing se verontagsaming van vroulike plesier.4

Geen grootskaalse kwantitatiewe studie het tot dusver ’n presiese persentasie gepubliseer wat spesifiek meet hoeveel mans die woord “penis” gebruik in vergelyking met slengterme nie. Wat die navorsing wel deurgaans bevestig, is dat die kliniese term ver in die minderheid is in informele alledaagse gesprek. Ek kon dieselfde afleiding maak.

Mense wat tot hier gelees het die hoop om dieselfde skunnige reaksie te sien op die vraag as op my Facebook-blad, is waarskynlik nou baie teleurgesteld. Tog kan ek net bevestig wat al die navorsing gewys het, deur blote tendense af te lei.

Enkele punte van belang:

Hierdie is nie ’n wetenskaplike studie nie, dus is hierdie afleidings op grond van profielfoto’s gemaak:

  • Snaakse omskrywings bly gewilder as die anatomies-korrekte penis.
  • Dit was oorwegend ouer mense wat al die “oulike” name gegee het. (“Ouer”, vir doeleindes hier, is mense wat duidelik middeljariges is en spog met kleinkinders. Van die ouer mense het hulle kinders gevra, of gesê hulle kinders praat van ...)
  • Daar was ongeveer ewe veel vroue as mans wat geantwoord het.
  • Die mense wat die vraag gelees het, het byvoorbeeld gesê: “Ek is 31 en ons praat van ...”
  • Die jonger mense het minder “oulike” woorde gehad. Hulle het meestal gehou by voël, tril, dick of piel.
  • Piel is by verre die gewildste woord.
  • Hierdie artikel gaan uiteindelik oor taal, manlikheid en die penis. Die terme toon, net soos in ander navorsing, dat die taal gepaardgaan met magsbeheptheid, gevaarlike wapens en oorwinning. Daardie ding moet gevaarlik klink!
  • Mense lees nie voordat hulle antwoord nie

Baie interessant is dat daar geen vernuwing was in die slengwoorde by jonger mense nie. Dieselfde ou voëls van die vaders en moeders sit steeds en broei. (NB, die spelling is nie gekorrigeer nie.)

Benaming

Totaal

Piel

14

Tottie

7

Tril

7

Tollie

6

Dick

6

Voël

6

Meneer

5

Plesierspier

5

Cock

4

Zaber

4

Japie

3

Penis

3

Peester

3

Totterman

2

Junk

2

Potlood

2

Jakob Regop

2

Kleinkoppie

2

Familie kierie

2

Pietman

2

Jortel

2

Privaat

2

Junior

2

Slang

2

Die ware jacob

1

Tieleman

1

Pofadder

1

Goliat

1

Totter

1

Johnson

1

Bennie Broekwurm

1

Groot Baas

1

Python

1

Jou Ding

1

Derde been

1

Hammer

1

Die bose

1

Handbriek

1

Fluitjie

1

Karpats

1

Pispyp

1

Kierie

1

Gearlever

1

Horing

1

Schlong

1

Kleintjie

1

Tolleman

1

Knop

1

Tool

1

Koggelstok

1

Ietermagottertjie

1

Kom kuier kierie

1

Twakkie

1

Kroonjuwele

1

Worsie

1

Lat

1

Petrol dief

1

Liefdes staaf

1

Iets tussen agtduimpie of agtshame'py

1

Skut stok

1

Crown jewels

1

Slaptjip

1

Jacobus

1

Snotsambok

1

Pyp

1

Sprinkaan

1

Roker

1

Stert

1

Jan van Til

1

Swingel

1

Likkewaan

1

Slingel

1

Lolle

1

Spier van plesier

1

Lunch box

1

Stampboor

1

Mamba

1

Swaard

1

Mantollos

1

Tallywhacker

1

Broodsakkie

1

Tjommie

1

Meneertjie

1

Tollewiet

1

Mielie

1

Tollieman

1

My besigheid

1

Tottel

1

Zabber

1

Totterjons

1

Zorro

1

Broekslang

1

Otter

1

Trouser snake

1

Ou Jan

1

Vo

1

Pecker

1

Volstruisnek

1

Dongle

1

Gansnekkie

1

Peesterma

1

My vrou se beste maatjie

1

Aartappel

1

Orgaan

1

Groot totaal

175

Natuurlik was daar ook snedige kommentaar van mense. (Spelfoute word weer behou.):

  • Hoekom so n vraag...net hoekom?
  • My dogter, in haar 30s, sê jong vroue praat nie oor sulke goed nie. Sy ken nie n woord nie.
  • Aggenee…
  • Waar val jy nou uit?
  • Trish Hugo ek dink jy is definitief gepla met iets wat jy nie kry nie, en geen satisfasie kry nie om sulke gesprekke te probeer uitlok!!!
  • Analize Viljoen het probeer verduidelik wat die doel van die gesprek is, en dieselfde persoon het verskeie kru kommentare gelaat, soos hierdie: Ek het gelees en dit maak nie saak wie sy is nie (niemand weet in elk geval van haar as n skrywer nie) hierdie is nie die plek vir so n vraag nie - dit is aandag en/of man soek.
  • Nee dankie julle is hopeloos te platvloers .......
  • PLATVLOERS geen waardigheid as n dame nie. Skandelik en duidelik het ek die boodskap reg vertolk nê Mev Skrywer....
  • Trisa Hugo jy gaan nie reg kry wat jy dink nie. Jy is te common en ek gaan nie hierdie verder entertain nie. Gaan koop vir jou batterye.
  • Wat n kommin vraag. Pla die ding jou
  • Small things amuse small minds
  • Antie het jy al een gesien?
  • Dit behoort nie ’n gesprekspunt te wees nie
  • Hoekom in elk geval van so-iets praat in n geselskap - soos ek geleer is as jy dan móét -  “privaat dele”.

Dankie aan almal wat saamgespeel het!

Nota’s:

1 https://citizen.co.za/news/news-world/1977181/phallic-facts-take-centre-stage-on-world-penis-day/

2 Oorspronklike artikel deur Ellen Oredsson: “Why Do All Old Statues Have Such Small Penises?” — How To Talk About Art History, 13 Augustus 2016

3 https://qz.com/689617/why-do-greek-statues-have-such-small-penises

4 https://night.channel/every-single-slang-word-for-penis-you-need-to-know/

Lees ook:

Vyf waarnemings oor die Suid-Afrikaanse manlikheid-in-krisis-fenomeen

Penis-aanbidding (Phallic worship)

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top