So oud soos godsdiens is, so oud is penis-aanbidding. Vrugbaarheidseremonies was sentraal tot omtrent al die paganistiese godsdienste, met die stywe penis verteenwoordig in die vorm van houtpale, steenpilare, regop rotse en selfs rotse in die vorm van ’n penis uitgekerf. Voor Islam, was penis-aanbidding algemeen in Arabië. Die penis is in kerktorings, veral in Oos-Europese kerktoringkoepels en moskees se minaret-koepels tot vandag duidelik sigbaar. Tesame met penis-aanbidding was die dildo deel van primitiewe seksuele gebruike. ’n 28000 jaar oue dildo is onlangs in Hohle Fels-grot in Duitsland gevind. Die penis was algemeen in Pompei, met selfs straat-aanwysers in die vorm van ’n ereksie.
In die OT was penis-aanbidding deel van die afvallige aanbidding van die Jode, welke aanbidding Salomo goedgesind was, tot sodanige mate dat hy twee losstaande pilare (wat andersins geen doel gedien het nie) voor die tempel opgerig het asook vele ander in verskeie dele van sy land. Daar was selfs kamers in die tempel beskikbaar gestel waar vrugbaarheidsprostitusie deur manlike en vroulike hoere in die tempel gepleeg was. Dit was op ’n stadium so erg dat die Bybelse God gesê het dat Jerusalem erger was as Sodom (Esegiël 16:46 – 52). Hierdie God het selfs gekla dat van die tempel se goud en silwer gesmelt was om dildo’s te vervaardig vir gebruik (Esegiël 16:17,18).
Hoekom was die stywe penis van soveel belang vir ons voorouers? Sonder ’n stywe penis was penetrasie en bevrugting van die vagina onmoontlik. Bevrugting was van primêre belang vir die primitiewe mens. Daar was ’n gevoel van veiligheid in getalle. Hoe vrugbaarder ’n man was, soveel te meer is hy bewonder. Die steriele eunuch is met afsku en minagting bejeën en kon nie koning word nie, juis omrede hy nie ’n volgende geslag kon wek nie. Hoe groter ’n ereksie, hoe groter die bewondering van die primitiewe mens vir sodanige man wêreldwyd. Die antieke Grieke het Pan en Priapus as voorbeelde gehad. Vandag is die mens nie anders nie. Manlike pornsterre word gekies onder diegene wat besonders groot bedeeld is, en ’n ereksie vir ’n lang periode ononderbroke kon handhaaf.
Omrede die antieke mens geen antwoord vir erektiele disfunksie (impotensie) gehad het nie, die dat hy ‘n ereksie as goddelik aanbid het in sy bevrugtingseremonies. Vandag is daar medikasie wat sodanige probleem oorbrug, en op sy ergste, ’n inwendige penis-prosthesis om ’n ereksie te verskaf. Met die oorbevolking het die drang na vrugbaarheid afgeneem tot sodanige mate dat die mensdom nie skroom om gesteriliseer te word nie. Die dildo bly steeds ’n plaasvervanger van die stywe penis tot vandag toe. Bewondering van die penis het ook nie afgeneem nie.


Kommentaar
As groot aanbidder van die fallus is jy seker 'n hoëpriester, of hoe?
Tiens
Tiens
Neewat, ek sou definitief nie 'n fallus-aanbiddende priester, nog minder hoerpriester sou wou gewees het nie, want alle priesters van vrugbaarheids-godsdienste was eunuchs gewees soos die priesters van Cybel. Ek sou ook nie 'n manlike hoer in enige van sodanige vrugbaarheids-godsdienste sou wou gewees het nie, want hulle seksuele funksie was om vrouens vir hulle god te bevrug. Dat ek wel 'n fallus-aanbidder is, is waar.
Terloops Tiens,
Kinders wat manlike hoere vir hulle vrugbaarheidsgod gewek het, was bekend as seuns en dogters van god (vrugbaarheidsgod). Klink die konsep nie bekend in die NT ook nie?