Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Elders gesien: Diverse menings is positief eerder as negatief

Wannie Carstens Menings 2025-11-22

"Alles oor identiteit. Laat ons die spreekwoordelike 'olifant in die vertrek' in die oë kyk en dit konkreet hanteer."

Persverklaring: Afrikaanssprekendes trek saam vir ’n oop gesprek oor "kwessies in die kryt" en "twisgeskrifte"

LitNet Menings 2025-11-21

Rolspelers uit Afrikaanssprekende gemeenskappe kom hierdie naweek byeen om gesprek te voer oor onderlinge struwelinge wat deur hedendaagse kwessies veroorsaak word. Dit sluit in die Afrikaner-verklaring van voor die Mei 2024-verkiesing, Afrikaans Amptelik 100-veldtog tot die meer onlangse '"Nie in ons naam nie"-brief.

Franklin Abraham Sonn (1939–2025)

Hein Willemse In memoriam 2025-11-20

"In die Suid-Afrikaanse kulturele en politieke lewe het ’n groot man sy finale buiging gemaak."

Frederik van Zyl Slabbert (1940–2010) en die kwessie van Afrikaneridentiteit

Albert Grundlingh LitNet25-skrywersberaad 2025-11-20

"Hy het besef dat Afrikaans, as gevolg van apartheid, aansienlike politieke bagasie dra, maar dit was nie voldoende rede om die taal oorboord te gooi nie. Dit was volgens hom eerder ’n uitdaging om ’n taal met soveel bekoring en uitdrukkingsvermoë te herbedink en op tersiêre vlak te laat herleef in ’n tyd van onvastheid en oorgang."

Op dees aarde: Die land is hul woning nie

Elsabé Brits Rubrieke 2025-11-20

"In Suid-Afrika het 35,5% van alle vroue van 18 jaar of ouer al fisieke en/of seksuele geweld in hulle lewe ervaar. 42% van kinders het een of ander vorm van mishandeling – seksuele, fisieke, emosionele mishandeling of verwaarlosing – ervaar deur ’n volwassene wat veronderstel was om vir hulle te sorg. Dalk weet jy dit en gee ’n diep sug. Dis net syfers. Maar kom ons kyk ’n bietjie dieper na dit waaraan ons al 'gewoond geraak het'. Daardie 35,5% vroue is soveel: 7 847 438."

Die Lasarus-effek: Topsy Smith (1914–1985)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-19

"Hoe aangenaam om Topsy Smith, wat ongeveer 200 boeke die lig laat sien het, uiteindelik in die oë te kan kyk en sy vriendelike glimlag te kan ervaar. Hy is natuurlik veral bekend vir sy jeugboeke, in die besonder die Trompie- en Saartjie-reekse, laasgenoemde onder die skuilnaam Bettie Naudé."

Wat sê Bettina? Die stand van sake in Wes-Kaapse staatshospitale

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-11-19

"Die oorweldigende indruk waarmee ek wegstap van die hospitale? As die Nasionale Gesondheidsorg-wetgewing nie werk nie, kan die skuld nie aan die deur van personeel op voetsoolvlak gelê word nie. Hulle werk hard."

Die Lasarus-effek: Ingrid Jonker (1933–1965)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-18

"Ingrid Jonker is een van die mees gevierde, prominente en tragiese digters in die Afrikaanse literatuur. Haar bestaan in hierdie wye en droewe land was kort, té kort, maar haar invloed reik steeds verder en dieper in die kollektiewe bewussyn van mense wat haar en haar gedigte waardeer en bewonder."

Wat vier oom Daantjie daar?

Jean Meiring Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-11-18

"Maar, soos akademici uitwys, ’n monument vir ’n taal is iets ongewoons. Dis wêreldwyd ’n rariteit, ’n vreemde volstruis van ’n ding, om ’n taal in en deur beton, eerder as in boeke of operas, te vier." Hierdie toespraak is gelewer by die ATM se vyftigste verjaardagdinee.

Springmielies: Die opgaarversteuring – wanneer jy níks kan weggooi nie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-11-18

"Die verskil tussen iemand wat tydelik lui is en nie sy rommel opruim nie, en dié wat aan opgaarversteuring ly, lê in die vrees om enige iets, ongeag die waarde daarvan, weg te gooi. Opgaarders 'rou' oor die weggooi van dinge, ook rommel. Dit lei tot die oormatige opeenhoping van onder meer gemors, wat die uitgange van kamers en leefruimtes blokkeer en dié mense se daaglikse funksionering benadeel."

Elders gesien: Hy het lojaal aan die land en ons grondwetlike demokrasie gebly

Christo van der Rheede In memoriam 2025-11-16

"Tot aan die einde van sy lewensloop het hy ook die huidige stand van Suid-Afrika onder die vergrootglas geplaas en het hy nie doekies omgedraai om korrupsie, armoede, werkloosheid en al die ander uitdagings wat ons as land ervaar, op die naam te noem nie."

Joburg resorts to more groundwater management: Quo vadis?

Chris Heymans Opinion 2025-11-14

"South Africa can learn from other countries and cities. Megacities as diverse as Bangkok, Beijing, Buenos Aires, Cairo, Dhaka, Jakarta, Calcutta, Lagos, London, Manila, Mexico City, New Delhi and Shanghai already use groundwater to varying degrees for water supply."

Dinkskrum: Passie behoort meer te tel as kwalifikasies, ervaring en vaardighede in die aanstelling van kabinetministers

Jason Lloyd Rubrieke 2025-11-14

"Die onlangse kabinetskommeling deur president Cyril Ramaphosa wat geïnisieer is deur die Demokratiese Alliansie se leier John Steenhuisen, of liewer dié party se Federale Uitvoerende Komitee, maak nie vir my sin nie, omdat dit nie gedryf is deur die onderskeie ministers se passie vir hul ministeriële posisies nie."

Agterstories: ’n Troon vir almal

Johan Fourie Rubrieke 2025-11-14

"Sowat twee uit elke vyf mense leef steeds sonder veilige sanitasie, met die gevolg dat kindersterftes steeds drasties van land tot land verskil. Juis daarom stel die World Toilet Organisation op 19 November 2001 World Toilet Day in – om toilette te vier en bewusmaking te skep van die miljoene mense wat nog altyd sonder veilige rioolstelsels leef. Om te verstaan hoekom sanitasie só ’n verskil maak, moet ons kyk hoe mense deur die eeue hul afval bestuur en wat gebeur wanneer hulle dit regkry."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Om vir eens iemand te wees – oor onlangse studenteprotes in die hartland

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-11-14

"Onlangse studenteprotes het verskillende vorme aan verskillende universiteite aangeneem, terwyl die protes aan Fort Hare-universiteit en die Universiteit van die Vrystaat stellig die meeste aandag getrek het weens die vlakke van geweld en saakbeskadiging – veral op die Alice-kampus van Fort Hare en die QwaQwa-kampus van die UV."

KI en die toekoms van literêre vertaling: hulpmiddel of bedreiging?

Jean Oosthuizen Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-11-14

"KI kan sinne bou, maar dit verstaan nie stilte nie. Dit kan metafore oordra, maar nie melancholie nie."

Toorkombuis: Brand dit skoon – gnocchi met geskroeide botter en salie

Karen Hart Kos en wyn 2025-11-14

"Die krui self het soveel gesondheidsvoordele en jy kan so ’n ekstra paar jaar by jou leeftyd voeg deur dit mildelik in jou kos te gebruik. Een van my gunstelingmaniere om salie te 'brand' is in geskroeide botter oor sagte gnocchi-kussinkies."

Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans

Danie van Wyk Seminare en essays 2025-11-14

"Dit is geen geheim nie dat bruin mense die mees diverse en gemengde groep in die land is met wortels wat tot diep in Afrikanerbloedlyne strek – en dit kan nie ontken word nie. Ons het meer gemeen met die (wit) Afrikaner as wat ons van mekaar verskil. Ons deel dieselfde taal, dieselfde godsdiens, kultuur en tot ’n groot mate tradisies. Afgesien van hierdie feite en raakpunte, pas ons nie binne die definisie van wat of wie ’n Afrikaner is nie."

Die mediosfeer

Bernard Odendaal LitNet25-skrywersberaad 2025-11-13

Hierdie lesing is op Saterdag 26 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Bernard Odendaal ’n veel langer LitNet Akademies-artikel op wat in 2024 gepubliseer is.

Die Lasarus-effek: Tant Miem Rothmann (MER): (1875–1975)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-12

"Omdat MER se bemoeienis met die Afrikaanse saak dekades voor my politieke en literêre bewuswording gebeur het, het ek haar meesal deur Hennie Aucamp leer ken. Sy was vir Hennie ’n belangrike rigtinggewer."

Top