Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2025-10-16

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."   

Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording

Hein Willemse Seminare en essays 2025-10-16

Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.

Die Lasarus-effek: Tant Miem Fischer (1867–1956)

Jannie Pretorius Visueel 2025-10-15

"Die inskrywings in tant Miem Fischer se welbekende kampdagboek is meestal so skerp soos skeermeslemme, met die gevolg dat ek huiwer om haar sommer te 'Miem'."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wie gaan die munisipale septers swaai na 2026?

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-14

"Met die munisipale verkiesings van 2026 wat vinnig naderkom, die sewende sulke verkiesing sedert die aanvang van demokrasie in 1994, is die vraag nie meer óf verandering sal kom nie, maar wie dit sal bring. Hierdie sentiment het Dinsdag duidelik na vore gekom tydens ’n lewendige paneelbespreking ('Plaaslike verkiesings: Onderweg na 2029') by die Toyota Stellenbosch Woordfees, deel van Netwerk24 se gespreksreeks. Onder leiding van die ervare politieke joernalis Gert van der Westhuizen het paneellede die ANC se swak rekord op plaaslike vlak ontleed en bespiegel oor die moontlikhede vir opposisiepartye om die vakuum te vul."

Skermgreep: Monster: the Ed Gein story – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-10-14

"Die kyker betrap hom- of haarself dat hulle die sliertige moordenaar eintlik bewonder."

Die Lasarus-effek: Wilhelm Mangold (1877–1922)

Jannie Pretorius Visueel 2025-10-14

"Wilhelm Mangold, van Duitse agtergrond, sluit hom met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) by die Heidelberg-kommando aan. In sy oorlogsdagboek word gebeure oor 17 maande boeiend en akkuraat aangebied."

Gedagtes oor rubriekmaak

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2025-10-09

"Dié stukkie geskiedenis word as inleiding gebruik vir hierdie vooraf-artikel oor ’n paneelgesprek oor 'Rubrieke, kommentaar [en] skryf oor gemeenskappe', wat komende Saterdag op die tweede dag van die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasvind."

Kan jy nou makliker afgelê word?

Freek Robinson, Pieter Human Onderhoude 2025-10-08

Op 4 September 2025 het ’n nuwe kode in werking getree wat met ontslag en afleggings verband hou. Freek Robinson het met Pieter Human, ’n kenner op die gebied van afleggings, gesels. Wat het verander en sal ’n werkgewer voortaan makliker van werknemers ontslae kan raak?

Politieke onsekerheid in die Suid-Afrikaanse politiek: ’n "politieke Rubicon" (?) en die pad vorentoe

André Duvenhage Menings 2025-10-06

"Waar die ANC in 2004 69,69% van die nasionale steun getrek het, het dit tydens 2019 tot 57,5% gedaal en in 2024 tot so laag as net onder 40%. Onlangse meningspeilings (tussen Maart en Julie 2025) van beide die SAIRR en die DA beklemtoon dat die party se steun nog verder kan daal, tot selfs onder 30%. [...] Soos wat die 2024-verkiesing gestaan het in die teken van fundamentele verandering, beloof die 2026/7-plaaslike verkiesing om ’n soortgelyke impak, maar net op ’n ander politieke vlak te hê. Dit mag selfs die einde van ANC-hegemonie op hierdie vlak beteken."

’n Huldeblyk aan my pa: Wilhelm Johann Jordaan

Margarethe Booysen In memoriam 2025-10-06

"Toe ons groet sodat hy na die operasiesaal geneem kan word, het ons vir mekaar gesê: 'L’chaim.' Op die lewe."

Die kunste en staatsbefondsing

Freek Robinson, Cornelia Faasen Onderhoude 2025-10-02

Is daar genoeg staatsgeld vir die kunste? Indien wel, word dit reg gekanaliseer? Wat is die probleem met die infrastruktuur en beloftes vanuit regeringsgeledere? Waar pas vlagskipfeeste soos die Nasionale Kunstefees, Open Book Festival, Suidoosterfees en die Kaapstadse Internasionale Jazzfees in hierdie prentjie? Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), skets die breër prentjie vir Freek Robinson.

Wat sê Bettina? Nathi Mthethwa: selfdood, of dalk iets meer sinisters?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-10-01

"Hoekom sou Mthethwa gespring het?"

Stres en orgaanoorplantings

Handré Brand Seminare en essays 2025-10-01

"Die orgaanoorplantingsproses behels ’n kontinuum van verskeie opeenvolgende fases, elkeen kenmerkend van eiesoortige mediese, sielkundige, sosiale en ekonomiese uitdagings."

China’s Global Security Initiative (GSI) and its impact on Africa

Fanie Herman Opinion 2025-10-01

"China’s Global Security Initiative (GSI) is designed to enhance China’s geostrategic position through coalition-building with partners that align with Chinese principles regarding international security and domestic law enforcement. Introduced by President Xi Jinping in 2022, the GSI represents one among several initiatives intended to reshape global governance structures in a manner favourable to China’s resurgence as a major power."

Wat sê Bettina? Die probleem met nasionale gesondheidversekering

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-29

"Hoeveel mense word weggestuur vanaf staatshospitale, klinieke en daghospitale omdat die toetse wat hulle moet kry, as onnodig beskou word, of as te duur? Watter prys word daar op ons mense se gesondheid geplaas?"

Agterstories: Waarom belê Afrika in God?

Johan Fourie Rubrieke 2025-09-29

"Godsdiens gaan [...] net soveel oor ekonomie as oor geloof."

’n Lesing, ’n voorreg, ’n viering van Afrikaans

Cliffordene Norton Menings 2025-09-29

"Dit was een van die hoogtepunte in my jaar. Ek het huis toe gegaan met dankbaarheid – vir die geleentheid, vir die mense en vir die besef dat Afrikaans, met al sy teenstrydighede en sy geskiedenis, steeds ’n lewende taal is wat die vermoë het om te groei en te verras."

Gaan Helen Zille Johannesburg kan red?

Freek Robinson, Hermann Pretorius LitNetKanaal op YouTube 2025-09-25

Die DA het Helen Zille benoem as hulle burgemeesterskandidaat vir 2026 in Johannesburg. Sal sy die stad kan red? Dit vra Freek Robinson aan Hermann Pretorius by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

Wanneer ’n pitbull ’n dief jag

Izak de Vries Menings 2025-09-24

"Soms is ’n gedeelde, maar valse erfenis van vrees nuttig. Dis hartseer, maar dis waar."

Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha

Nini Bennett-Moll, Anri Botha Boekrubrieke 2025-09-22

"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en onderhoud met Anri Botha.

Top