Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Naspers se 110 jaar – van pers tot Prosus

Lizette Rabe Seminare en essays 2025-09-10

"Wat lê dus voor vir Naspers/Prosus wat op soveel terreine met woord en daad 'waarde' en 'betekenis' vir so ’n groot persentasie van die wêreldbevolking ontsluit? ... Dalk die gunstelingverwysing van Bekker, naamlik die Darwinistiese diktum van wie oorleef, nie die sterkste is nie, maar die soepelste? Die een wat by verandering kan aanpas?"

Lekker mislei deur ons geskiedenis

Trisa Hugo Elders gesien 2025-09-09

"Hierdie ikoon van Kleinmond het hopeloos te min aandag (eintlik geen aandag) gekry in die geskiedenis wat opgeteken is van ons dorp nie."

Sal ons ou vriende ooit vergeet?

Wannie Carstens Elders gesien 2025-09-09

"Dit is die natuurlike verloop van die lewe dat dit sal gebeur, maar dit is miskien tog nodig om te besef watter groot bydraes hierdie persone gelewer het en watter impak hulle op soveel vlakke gehad het."

Wat sê Bettina? Malema kom sy haatspraak-moses teë

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-09

"Toekomstige verkiesings sal dit bewys, maar Malema en die EFF waaraan hy nou bou, is net vir gewelddadige randfigure aantreklik."

Skermgreep: The roses – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-09-09

"Terwyl jy lag, voel dit of jy ’n bord Daisy de Melcker insluk. Dis lag met ’n kreun en ’n geskokte uitroep. Hierdie rolprent is een groot bloosplesiertjie (guilty pleasure). Die lag bly nooit ver agter die skok nie."

Persverklaring: PEN Afrikaans veroordeel die sluipmoord op Bouwer van Niekerk ten sterkste

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-09-09

Hierdie tipe aanvalle op die dapper stemme wat opklink teen korrupsie is afgryslik en onaanvaarbaar. Dit is ’n bron van groot kommer vir almal wat wil woon in ’n land waarin billikheid, geregtigheid, vrede en die handhawing van menseregte die norm is.

Rassisme in Suid-Afrika vra vir ’n multidimensionele benadering

Michael le Cordeur Seminare en essays 2025-09-08

"Wat wel duidelik is, is dat rassisme nie kleur ken nie. Aanvanklik was die kollig slegs op wit mense wat rassisties teenoor swart mense opgetree het, maar deesdae kom rassistiese insidente op alle vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing voor."

Wanneer ’n taalreg soos ’n spesiale vergunning lyk: die broosheid van moedertaalonderrig in Suid-Afrika

Michelle Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-09-05

"Met die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette ... wat taalbeleide verder onder die beheer van die Departement van Basiese Onderwys sentraliseer, is die vraag: Gaan hierdie kwalifiserende bepalings nóg meer ruimte kry om moedertaalonderrig uit te hol?"

Die migrerende liggaam: geheue, beweging en betekenis in die postkoloniale verbeelding

Nolwazi Mahlangu LitNetKanaal op YouTube 2025-09-03

"Die migrerende liggaam staan as ’n grens – onthou en vergeet, van self en ander, van hier en daar. Maar dit is ook ’n brug: van taal, van genesing, van gemeenskap."

Ons polisie kom met baie eisj!

Freek Robinson, Gert van der Westhuizen Onderhoude 2025-09-03

Die beweerde onbeholpenheid en korrupsie van talle senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens hou skynbaar net nie op nie. Selfs Cyril Ramaphosa het onlangs sy onvergenoegdheid uitgespreek. Ramaphosa se voorgestelde kommissie van ondersoek na beweerde korrupsie in die polisie kom ook nie aan die gang nie.

Is dekriminalisering waarlik die antwoord op die euwel wat inherent is aan prostitusie?

Clarina Van ieperen SêNet-briewe 2025-09-03

"Ek sukkel steeds om te sien hoe prostitusie, wat met soveel emosionele en fisieke gevaar gepaard gaan, en boonop mediese sorg noodsaak, geregverdig kan word as ’n waardige beroep."

Wat sê Bettina? Om te skiet of nie te skiet nie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-03

"Moet hy nou maar aan die genade oorgelaat word omdat hy hom in die politiek begewe het? Natuurlik nie. Enige privaatburger is daarop geregtig om homself te beskerm wanneer hy in gevaar verkeer ..."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Vertaling van Emmanuel Todd oor Rusland as Europa se Rorschach

Johann Rossouw, Emmanuel Todd Seminare en essays 2025-09-02

"Russofobie is gewis ’n patologie. Maar Rusland het bowenal ’n formidabele projeksietoets geword." Johann Rossouw vertaal die opstel "Rusland is Europa se Rorschach" deur Emmanuel Todd uit die Frans.

Waarom sou ’n mens nog na die NG Kerk toe gaan? 

Louis van der Riet Menings 2025-09-02

"Vandag verstaan ek die doop as God se eerste en mees grondliggende bevestiging van ons (my) identiteit. Dit is God se 'ja' oor ons lewens. Tog het dit ’n hele paar siklusse van bevestiging, ontnugtering en hertoewyding vir my gevat om dit te begryp."

Uitnodiging: FilosofieKafee – Wat kan Machiavelli ons leer oor ekonomiese oorlog?

LitNet Menings 2025-09-01

Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 5 September in Wellington. Raenette Gottardo (voorheen Taljaard) en Lydia von Wielligh-Steyn sal in gesprek wees.

Merang deur Neil Cochrane en Alwyn Roux (redakteurs en samestellers): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Charl-Pierre Naudé Resensies 2025-09-01

"Daar is groot toewyding van samestellerskant te bespeur wat hierdie unieke versameling die lig laat sien het. Die wydlopendheid van aanbod, die gehalte van gedigte, die nuwe stemme wat almal belofte toon wat geplaas word naas ouer stemme waarvan sommige hul belofte reeds vervul het, is indrukwekkend en implikasieryk."

Die totstandkoming van die Nasionale Raad vir Onderwys en Opleiding: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-29

"Ons kan eenvoudig nie nog praatberade hou nie; ons moet nou aksie sien."

Hoe om die antigenderbewegings teen te werk

Hermione le Roux-Ellis LitNet25-skrywersberaad 2025-08-28

"Om hierdie tipe kritiese geletterdheid te ontwikkel, kan beskryf word as ’n inokulasieproses. Jy wys jou boodskap en dan die opponent se boodskap. Jy demonstreer hoe die opponent se boodskap onwaar of misleidend is en wys op die agenda én die agente agter die skerms."

Podsending: Meningspeilings en die stembus

Freek Robinson, Piet Croucamp Onderhoude 2025-08-28

In ʼn onlangse DA-peiling het ANC-steun op nasionale vlak tot onder 30% geval. Freek Robinson gesels met politieke ontleder Piet Croucamp oor onder meer die akkuraatheid van sulke meningspeilings, die stand van die ANC en Suid-Afrika se benarde situasie.

’n Nuwe godsdiens

Schalk W van Heerden SêNet-briewe 2025-08-27

"Kolossense 2:23 praat van '’n skyn van wysheid' en hierdie nuwe etnogodsdiens klink slim solank dit nie direk langs Jesus se woorde staan nie. Dit lyk kaal in die skadu van die kruis."

Top