Meneer die President, ons land is ’n tuin wat verwaarloos lê

  • 0

Geagte Meneer die President

Ons land is ’n tuin wat lank verwaarloos lê. Ek daag u uit; giet u die eerste water met eerlikheid, liefde en moed. Laat u woorde soos perskereën val ter verduideliking en ook vir groei. Laat elke sin ’n saad wees, want in grond van moed geplant word.

Ons, die nasie, verlang na die vuur van reiniging. Wis u die roes van korrupsie uit. Ons strate dra die stilte van werk, en magteloosheid. Die kragonderbrekings is nes nagte wat te lank aanhou, dof en leeg. Ons, die nasie, wag soos dirigente op ongespeelde musiek.

Ek skryf sonder grafiek of statistiek, net met ’n hart wat Suid-Afrika klop.

Kan Suid-Afrika nog droom, nog bou, nog glo?

’n Besorgde burger

Santi Kruger

Lees die ander briewe hier:

Wat wil jy vir Cyril sê? Wen ’n geldjie met jou antwoord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top