Wat wil jy vir Cyril sê? Wen ’n geldjie met jou antwoord.

  • 7

Ons het op 9 Februarie gevra: “Wat wil jy vir Cyril sê?”

Julle het geantwoord:

Barend van der Merwe se brief wen R500. Baie geluk.

Lees meer oor die kompetisie hier onder. Let wel: hierdie kompetisie is nou gesluit.

President Cyril Ramaphosa sal eerskomende Donderdag, 12 Februarie, sy jaarlikse staatsrede (Sona) lewer tydens ’n gesamentlike sitting van die parlement in die Kaapstadse Stadsaal. As jy hom kon raad gee, wat sou dit wees?

Ons by LitNet wil baie graag van ons lesers hoor. Stuur vir ons jou mening na webvoet@litnet.co.za en ons sal dit graag as ’n SêNet-brief plaas.

Meer oor SêNet

Sê jou sê op SêNet! LitNet wil graag menings vanoor die hele politieke spektrum plaas. Moenie terughou nie. Ons wil jou hoor.

Ons behou wel die reg voor om nie kwetsende persoonlike aanvalle, laster en valshede te plaas nie.

Briewe sal geredigeer word en voorkeur sal gegee word aan briewe wat in terme van spelling en grammatikale korrektheid goed versorg is. Briewe wat te swak is om te redigeer, sal nie gepubliseer word nie.

Wen dalk R500 met jou brief!

LitNet se redaksie sal ’n wenbrief aanwys en die wenner sal R500 ontvang.

Alle briewe van raad aan Cyril Ramaphosa wat LitNet teen 11 Februarie 2026 bereik, sal in aanmerking kom vir die prys.

Die oordeel van die redaksie is finaal en geen korrespondensie sal hieroor plaasvind nie.

Sou daar geen goeie briewe inkom nie, sal geen prys toegeken word nie.

  • 7

Kommentaar

  • With your intelligence and in your position you can still change the downfall of South Africa. We beg you, please get rid of all the selfish crooks in your government and in society. Maybe then we can start to try and rebuild our beloved South Africa. Our lifes are to short to be so selfish!

  • President Ramaphosa,

    Suid-Afrika bevind hom op ’n breekpunt. Vir baie burgers voel dit asof daar ’n groeiende gaping is tussen wat gesê word en wat werklik op grondvlak gebeur. Vertroue word nie deur toesprake herstel nie, maar deur sigbare, meetbare verandering.

    Onder u leierskap het verskeie staatsinstellings merkbaar verswak. Gemeenskappe worstel met onbetroubare dienslewering, vervalle infrastruktuur en instellings wat nie meer hul kernfunksies effektief verrig nie. Openbare gesondheidsdienste, maatskaplike sorg, veiligheid en plaaslike regering toon tekens van ernstige druk. Die impak hiervan word daagliks deur gewone mense gevoel.

    Die ondersoeke na staatskaping en korrupsie het skokkende vlakke van wanbestuur ontbloot. Tog is daar ’n wydverspreide gevoel dat aanspreeklikheid te stadig of onvoldoende toegepas word. Sonder tasbare gevolge vir oortreders verloor die publiek vertroue in die reg en in die regering se bereidwilligheid om selfreiniging toe te pas.

    Intussen neem ekonomiese druk toe. Werkloosheid bly ’n ernstige uitdaging, en baie huishoudings — insluitend pensioenarisse — sukkel om met beperkte inkomste te oorleef. Wanneer burgers die indruk kry dat politieke lojaliteit belangriker as integriteit is, word verdeeldheid en wanhoop verder verdiep.

    Suid-Afrika se potensiaal is onmiskenbaar. Ons beskik oor hulpbronne, kundigheid en ’n geskiedenis van samewerking in moeilike tye. Wat nou benodig word, is besliste en geloofwaardige leierskap wat die belange van die land en sy mense bo alles stel — leierskap wat verantwoordbaarheid, deursigtigheid en diensbaarheid eerste plaas.

    Indien daardie vertroue nie herstel kan word nie, moet die moeilike vraag gevra word of nuwe leiding nie nodig is om stabiliteit en hoop te herwin nie.

    Ons land kan weer opstaan. Maar dit vereis optrede — nie net woorde nie.

  • Dylan Koekemoer

    Dear Mr. President

    I would formally suggest to rather address the major issues our country is facing instead of addressing the minor issues. The major problems are drastically getting worse as they are being ignored or not properly attended to.

    What about the poverty in this country? The economic instability? The rising cost of living crisis? High taxes? Increasing electricity costs? Failing municipalities? Increasing numbers of illegal immigrants? Racial inequality and discrimination?

    These factors are the main reasons why the people of South Africa are suffering. We expect a huge turnaround. We need change. We need stability. The people of South Africa are dying, this needs to stop. We need the president, Your Excellency, to step in and make a powerful move to address the major problems the country is facing.

    Yours Truly.

  • Bianca Spangenberg

    Geagte President Cyril Ramaphosa,

    Ek skryf aan u met 'n paar gedagtes en voorstelle vir u komende Staatsrede (SONA). As 'n trotse Suid-Afrikaner glo ek dat hierdie toespraak 'n geleentheid is om nie net die land se uitdagings aan te spreek nie, maar ook om hoop en eenheid te inspireer.

    Voorstelle vir u toespraak:

    1. Ekonomiese herstel: Fokus op konkrete planne om werkloosheid te verminder, veral onder die jeug. Beklemtoon ondersteuning vir klein besighede en entrepreneurskap as dryfvere vir groei.

    2. Onderwys en vaardighede: Stel 'n duidelike visie vir beter onderwys en vaardigheidsontwikkeling om ons jongmense voor te berei vir die toekoms.

    3. Veiligheid en misdaad: Verseker die land dat daar 'n stewige plan is om misdaad te bekamp en gemeenskappe veiliger te maak.

    4. Eenheid en samehorigheid: Beklemtoon die belangrikheid van nasionale eenheid en hoe ons as 'n land saam kan werk om 'n beter toekoms te bou.

    5. Jeugbetrokkenheid: Nooi die jeug uit om aktief deel te neem aan die land se ontwikkeling en gee hulle 'n platform om gehoor te word.

    Ek glo dat 'n toespraak wat fokus op hoop, aksie en inklusiwiteit, die land kan inspireer om saam te werk aan 'n beter Suid-Afrika.

    Dankie vir u tyd en toewyding aan ons land. Ek wens u alle sterkte toe met die voorbereiding van u Staatsrede.

    Vriendelike groete,
    Bianca Spangenberg

  • Annika Heymans

    Geagte meneer die President,

    U wonder seker wat ʼn bogkind soos ek dink om vir u ʼn brief te skryf, en dit nog in Afrikaans ook. Wel, meneer President, om mee te begin, is ek 43 jaar oud en ek is trots Afrikaans. Indien u dit nie weet nie, meneer President, wil ek u graag inlig hoe dit met ons Afrikanervolk gaan sedert 1994.
    Eerstens, meneer President, gaan dit met ons bitter, bitter sleg. Ons word oral verdruk. In ons werksituasie, by die huis, deur televisie, selfs in die skole waar ons was, en waar ons kinders nou skoolgaan, word hulle ook verdruk. Ons kinders ly onder rassisme, uittarting, boeliegedrag en nog baie ander goed waarvan hulle nie veronderstel is om te beleef nie. Hulle moet kínd wees, hulle moet spéél.
    In plaas daarvan, moet hulle veg om oorlewing, hulle moet probeer opstaan teen boelies, hulle moet haatspraak aanhoor. En Meneer President, ek sê dit nie sommer net nie. Ek praat uit ondervinding. Sê u vir my, wat moet ʼn kind van 10 doen as hy deur Zoeloe-kinders verbaal geboelie word, deur vir hom in Zoeloe te sê hy is "wit skuim"? Glo u, meneer President, dat dissipline by die huis begin? Want dis waar rassehaat in skole vandaan kom, meneer President. Van die huis af.
    Die volgende ding waaroor ek wil praat, meneer President, is iets wat u net ʼn blinde oog en ʼn dowe oor draai. Kan u vir my sê wat die statistieke van plaasmoorde is sedert 1994? Of sal dit begrawe bly soos al ons mense wat sedert 1994 vermoor is?
    Meneer die President, ons mense word soos vlieë afgemaai, vermoor, aangeval, verkrag, met kookwater gebrand, met warm ysters gemartel, met pangas gekap en wie weet wat nog. En wat dit erger maak, meneer President, is dat die meerderheid ou mense is wat weerloos voor ʼn aanvaller die knie moet buig vir ʼn skamele paar rand.
    Weer eens, meneer President, vra ek u, waar kom dit vandaan? Die antwoord is eenvoudig: suiwer gebrek aan dissipline by die huis.
    Die volgende ding is haatspraak, en meneer President, weet u wat is haatspraak? Is haatspraak ʼn ou landsvlag? Want volgens die EFF-leier is dit haatspraak. Maar die geagte Julius Malema sing "Kill the Boer, kill the farmer" op televisie, sy aanhangers sing dit net so hard saam, en ons leef in vrees! Ja, omdat hy rassehaat aanvuur deur haatspraak teen ons, die wit Suid-Afrikaner.
    Meneer die President, ons is bang om vir onsself op te staan, want waag ons dit, word ons gedreig. Dis hoekom ons nie saamstaan nie, want ons is die minderheid. Wat kan ons doen teen ʼn hele oormag aanhangers wat met een doel voor oë optogte hou? En dit eindig nie daar nie - dit raak gewelddadig!
    Ons het twee persone wat vir ons opstaan, twee persone wat nie bang is nie, een persoon wat nog steeds Die Stem sing (wat, terloops, niks te doen het met apartheid nie), en een pesoon wat met sy liefde vir die land, almal bewus maak van plaasmoorde. Hulle is Steve Hofmeyr en Petrus Sitho.
    Meneer die President, nie Steve of Petrus is nie ʼn rassis nie. Hulle staan op vir hul land, hul mense en hul nasie. Oor die land word Steve se konserte gekanselleer as gevolg van beweerde rassisme (onder andere). Maar meneer President, daar is ook konserte wat gekanselleer word wat ten bate van kinders in informele nedersettings gehou word. En nee, dis nie wit kinders nie, meneer President.
    Hoe werk dit? Sê u nou vir my, meneer President. Is kinders nie die sout van die aarde nie? Ons kinders moet die land laat voortleef wanneer ons al stof is. Ons kinders is die TOEKOMS!
    En so ook is ons boeregemeenskap ons toekoms, maar hulle word steeds uitgemoor.
    Ons kinders word nie ʼn toekoms gegun nie, want soos ek reeds gesê het word hulle onderdruk.
    Ek is vol foute, meneer President, maar ek is nie ʼn rassis nie.
    Weet u hoe voel dit om in jou werksituasie ook deur mense gekonfronteer te word met ʼn bedekte dreigement? Dink u dis reg dat kliënte in jou winkel kom en jou sommer openlik beskuldig van rassisme, terwyl ons 'n diens aan hom probeer lewer?
    Weet u hoe dit voel om deur sosiale media te sien hoe ons blanke mense gedreig word? Daar was al hoevèèl rassistiese opmerkings gemaak aan ons blanke mense, en die skuldiges kom niks oor nie. Maar as èèn blanke persoon net 'n skewe woord sê, dan word hulle in die tronk gegooi, en dàn begin die dreigemente weer - en wèèr kom hulle niks oor nie!
    Ek hoop werklik dat hierdie brief u hart sal aanraak, meneer President, en dat u sal probeer om ten minste net die haatspraak teenoor blankes sal raaksien en probeer minder maak.
    Want ons kan dit nie op ons eie doen nie.
    Ons is moeg.
    Ons is bang.
    Ons kan nie meer nie.

  • Ek is 'n weduweepensionaris en lid van GEPF. Ek kry elke jaar 'n belastingaanslag wat meer as my inkomstes is, net omdat ek gadepensioen en my pensioen ontvang. Nou op hoër aanslag. Ek moet gebruik maak van lenings om te oorleef. Ek is 66 en het ook 'n afhanklike, outistiese seun, vir wie ek moet sorg. Hy is volgens SARS nie fisiek gestremd nie. Ek het 32 jaar gewerk, is medies ongeskik verklaar in 2015 agv 'n degenereerende hartsiekte met 'n beperkte lewensduur. President Ramaphosa help asb vir my en ander pensionarisse wat soortgelyke situasie het om te oorleef deur die hoër aanslag af te skaf.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top