Meneer die President, laat ons saamstaan

  • 0

Ai, oom Cyril

Kan ek asseblief een ding vra? Ek is nie meer jonk nie, maar ek weet alle nasies het maar sonde gedoen in die verlede. Hulle het gejok en lelike dinge gedoen. 

Maar, asseblief, kom ons maak SA ’n baie mooi land en ons begin saamstaan!

As iemand nie wil saamstaan nie, maak nie saak watter kleur of nasie, dan los ons hulle. Ons wat wil saamstaan, ons staan saam en help mekaar.

Hoe lekker en goed sal dit nie wees nie? Ek dink almal in ons land het nou al gesien ons is almal gewone mense en ons kan almal lief wees vir mekaar, maak nie saak watter kleur of wie jy is nie!

Kom staan saam en kyk hoe gou sal ons die slegte ellende uitwerk. Ai, dis my hartswens vir SA.

Onthou, baie lande en mense is jaloers op ons en hulle weet as ons saamstaan sal hulle nooit met ons kan kompeteer nie.

So kom ons vergeet van eie ek en ons help mekaar en staan bymekaar.

Dankie

Rika Shepherd

Lees die ander briewe hier:

Wat wil jy vir Cyril sê? Wen ’n geldjie met jou antwoord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top