Meneer die President, stiltes van ongemak

  • 0

Oom Cyril

Hier’s ’n brief, my lief
net vir jou
opgevou
geplak met spoeg en ’n bietjie bittergal
goedkoop ink wat strepies trek
en woorde skryf sonder kommas
tussen die lyne hang stiltes ongemaklik
swaarder as wolke op ’n Hoëveldhorison
blou
angry
druppels wanhoop
oor ’n land wat tjank op ’n groen blommetjieskussingsloop

’n Gewete
joune
stilgemaak
nipped in the bud
terwyl jou mense ’n Onse Vader
hardop lees by ’n  bedkassie
met ’n keel wat styf is van trane
êrens buite blaf ’n straatbrak
en ’n boemelaar
toegegooi
met ’n koerant se agterblad
advertensies
van verlepte koolkoppe
en ’n special op granny smiths
2 for 3
wanneer jy alleen sit
met jou dag se dinge

Sê my, oom Cyril
hou jy even
van
jou?

Dis al!

Groete

Alma Wessels

Lees die ander briewe hier:

Wat wil jy vir Cyril sê? Wen ’n geldjie met jou antwoord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top