Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Madelein Rust: ’n huldeblyk

Ilse Salzwedel In memoriam 2025-08-06

"Ek sal ook Madelein se besondere sin vir humor onthou. Gaan lees gerus haar kankerboeke om te hoor hoe lekker kon sy ook met haarself spot, selfs in die donkerste tye."

Breinvliesontsteking? Meningitis? Dit is wat jy moet weet.

Freek Robinson, Jantjie Taljaard Onderhoude 2025-08-06

Die tragiese dood van ’n koshuiskind op Stellenbosch het die dorp op hol. Wie is volgende? Freek Robinson praat met Jantjie Taljaard, ’n infeksiesiektespesialis. Robinson vra: Wat is die simptome van breinvliesontsteking? Wat moet ek doen as ek simptome sou toon? Wie is moontlik vatbaar daarvoor? Hoe word die siekte versprei? Hoe kan ons dit voorkom?

Wat sê Bettina? Hongersnood in Gaza

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-08-06

"Die beelde van uitgeteerde kinders met opgeblase magies, vir so lank sinoniem met hongersnood in Afrika, is nou algemeen in Gaza. Dit terwyl hulp en kos slegs enkele kilometer weg beskikbaar is."

Reguit met Robinson: Eerder wye voetsoolvlakdialoë

Freek Robinson, Braam Hanekom Onderhoude 2025-08-01

Die Nasionale Dialoog van honderde miljoene rande, met ’n politieke agenda. Ellendige armoede en werkloosheid op veral die platteland. Riool wat deur huise loop. Misdaad. Moedeloosheid oor Suid-Afrika se jeug. Braam Hanekom benadruk vir Freek Robinson die belang van onafhanklike, veelvuldige dialoë op voetsoolvlak, regoor Suid-Afrika, tussen gewone Suid-Afrikaners.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: klankopname van "My pad met Breyten"

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-07-30

Johann Rossouw was onlangs aan die woord by die lesingreeks van die Vrystaat Universiteit se Departement Afrikaans-Nederlands, Duits en Franse oor "My pad met Breyten". Hy deel die volledige klankopname met LitNet se lesers.

Wat sê Bettina? Wat gaan aan by Buitelandse Sake?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-07-30

"Hoe veilig is Suid-Afrikaners wanneer hulle oorsee gaan, en hoe seker kan ons wees dat ons land se amptenare gaan help as ons in die sop beland? Die voorbeelde wat ek hierdie maand gesien het, boesem nie veel vertroue in nie."

Swak gevaar in die tweede kwartaal se skooleksamen? Hier is hulp en raad

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-30

"Ek weet van leerders wat in Junie-eksamens gedruip het in vakke soos wiskunde en ander leervakke en die einde van die jaar met ’n 70%-slaagsyfer weggestap het. Hulle het eenvoudig besluit die druippunt is net ’n wekker wat hul wakkergemaak het om die erns van die saak te besef."

Nuwe minister van Hoër Onderwys: Strawwe toets wag op Buti Manamela

Michael le Cordeur Universiteitseminaar | University Seminar 2025-07-25

"Die nuwe minister sal saam met universiteitsbesture ’n sisteem moet uitwerk waarvolgens slegs studente wat in ’n rigting studeer wat hulle toegang tot ’n loopbaan gee, ’n NSFAS-beurs sal ontvang. Grade en kursusse wat entrepreneurskap en werkskepping bevorder, behoort voorkeur te kry."

Derde skoolkwartaal: verwikkelinge rondom die Bela-wet en skoolsake – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-25

Die nuwe skoolkwartaal het pas begin. Hoe lyk die situasie in die middel van die jaar vandat die nuwe wetgewing onderteken is? Jaco Deacon vertel.

Yes for national dialogue, but don’t forget municipal services

Chris Heymans Opinion 2025-07-24

"Significant reform and skills improvement are needed if more deterioration in service delivery and public trust is to be avoided, but the political obstacles to municipal reform are significant. Many municipalities experience regular turnovers of mayors and senior officials, often due to party infighting, especially within coalitions."

My pad met Breyten – op die taalspoor

Francis Galloway Seminare en essays 2025-07-23

"Vir my was 1964, die jaar van Breyten se debuut, die Jaar van die Sneeu." Francis Galloway is vroeër vanjaar deur die Vrystaatse Werkgemeenskap van SAAWK genooi om ’n praatjie oor Breyten Breytenbach te lewer. LitNet is bevoorreg om haar woorde by die geleentheid te mag publiseer.

Repliek op Jason Lloyd

Kelvin Knowles Menings 2025-07-23

"Jy verwys na Allan Boesak as 'vasgevang in ou en verouderde UDF-strydretoriek sonder om met enige werkbare en praktiese oplossings vorendag te kom'. Hoewel dit nie heeltemal onwaar is nie, begin alle veranderinge in die politiek dikwels met ’n gesprek, baie soos die Burgerregtebeweging in die VSA in die 1960’s of die geboorte van die Anti-Apartheidbeweging."

An interview with Emma Sadleir about the landmark court order against Meta – and some important social media advice

Naomi Meyer, Emma Sadleir Interviews 2025-07-23

"[I]f you wouldn’t put it on a billboard, you should not let it exist in digital format. Digital content is vulnerable content; it is dangerous content, it can be recorded, it can be shared."

Verwarring oor die Nasionale Dialoog

Freek Robinson, Theuns Eloff Onderhoude 2025-07-22

Is die Nasionale Dialoog teen R700 miljoen ’n goeie ding? Dit vra Freek Robinson aan Theuns Eloff. Eloff antwoord dat die idee goed is, maar die toepassing nie. Hy verduidelik die aanloop tot die Nasionale Dialoog, wie deelneem en wie nie, en hy bekyk die alternatiewe vir dit wat deur die President aangekondig is.

Vrede in aksie teen GBV

Marlene le Roux Menings 2025-07-22

"Dit is van kardinale belang dat groter pogings deur alle belanghebbendes aangewend moet word om geslagsnorme te verander en omskep om dit sodoende in ooreenstemming met wetgewing te bring, om nie-regeringsorganisasies te ondersteun wat met gemeenskappe, tradisionele leiers, jeugsentrums en skole saamwerk om ’n veilige ruimte te skep waar oortreders bygestaan word om hulself te rehabiliteer."

Dinkskrum: Is die PA ’n dinamiese en modieuse politieke party? Repliek op Kelvin Knowles se artikel

Jason Lloyd Rubrieke 2025-07-22

"Verteenwoordiging is veral belangrik in ’n diverse land soos Suid-Afrika, maar meriete moet ook in gedagte gehou word, omdat die land kundige mense nodig het om ’n sukses daarvan te maak. Mense kan eenvoudig nie net op grond van ras, geslag en ouderdom aangestel word nie. Meriete moet ’n ononderhandelbare vereiste wees."

Wat sê Bettina? Kos of krag: die Eskom-dilemma

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-07-21

"Hulle sal daadwerklik moet plan maak om elektrisiteit meer bekostigbaar te maak, of daar gaan een of ander tyd weer geweld uitbreek. Mense is moeg daarvan om gemelk te word vir elke laaste sent wat hulle nie het nie."

Toorkombuis: ’n Kerrie-warm tuiskoms

Karen Hart Kos en wyn 2025-07-21

"Wanneer my klante smiddae vyfuur hul kosbestellings kom afhaal, raak ek skaam vir die chaos in my klein kombuisie na die dag se kokery. Maar al waaroor hulle kan praat, is die wonderlike geure wat in my huisie hang. En op dié Sondagaand is dit, saam met die kerrie, die onthou wat warm om my hart kom lê."

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderrig: kommer oor inheemse tale

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-18

"Wat sou Madiba dus sê as hy vandag, op sy verjaarsdag, na ons taallandskap kyk? Ek glo hy sou baie hartseer gewees het om te verneem dat sy visie vir inheemse tale ’n muis gebaar het."

Korrupsie in die polisie

Freek Robinson, Lizette Lancaster Onderhoude 2025-07-17

Freek Robinson het met Lizette Lancaster van die Institute for Security Studies (ISS) gesels om te hoor: Is daar moontlik korrupsie in die polisiediens? Is daar politieke druk op die polisiediens? Wat word gedoen aan die probleme in die diens? En hoe kan gewone mense betrokke raak by die bekamping van misdaad?

Top