Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Elders gesien: Dat almal nodig is om die Afrikaanse digitale kanon tot stand te bring
2025-08-14"Dit is belangrik, ja, om die kwaliteit en diversiteit van Afrikaanse letterkunde te verseker en te sorg dat dit steeds sigbaar en toeganklik bly. Om die mediums te benut wat duisende alreeds gebruik. Om die brug tussen die veld van beperkte produksie en die veld van grootskaalse kultuurproduksie te bou."
Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmaker
2025-08-13"Op die ou end is daar dalk nie so ’n groot verskil tussen kritici en smaakmakers nie. Albei is as’t ware koffie met melk. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die kriteria wat hulle gebruik. Hulle maak eerder ’n spektrum uit as ’n teenstelling. Die verskil lê moontlik eerder in die medium wat gebruik word."
Bela: Regulasies bring helderheid maar enkele kwessies pla nog
2025-08-13"Van taal gepraat: As voormalige taalonderwyser en taaldosent vir wie taal na aan die hart lê, het ek noukeurig opgelet na die taal waarin die regulasies geskryf is. Die dokument verwys op meer as een plek daarna dat die verskillende partye met mekaar moet praat in die soeke na oplossings (kom ons noem dit ons eie onderwysdialoog in die kleine)."
Elders gesien: Ek self vind die hele storie nou al ’n bietjie opgeblaas
2025-08-12"Kennis wat deur jare se studie opgebou is, word sonder meer afgemaak as snobisties."
Elders gesien: Beide die cappuccino- en flat white-drinkers is gekultiveerd
2025-08-12"As ’n self-etiketerende cappuccino-leser het ek die uitlokkende deel van die lesing juis sy aandrang op die regmatige plek van die flat white-leser in die literêre gesprek gevind. Hy’t uitgewys dat die flat white-leser hier is om te bly."
Wat sê Bettina? Myburgh, Malaka en die Dior-sak met R60 000 kontant
2025-08-12"Hierdie is waarskynlik een van die grootste toetse waarvoor pres Ramaphosa te staan kom. Hier is nou bewyse op video van korrupsie. Wat gaan hy doen?"
Die aaklige gesig van rassisme: reaksie op die potgooi wat bruin mense verkleineer
2025-08-11"Die swart jongmense het nie besef dat hulle ’n tsunami van afkeer veroorsaak het deur hul ondeurdagte uitsprake op hul potgooi wat groot reaksie ontlok het nie. Wat hulle as ’n grap gesien het, was nie onskadelik nie."
Onverdiende eiegeregtigheid
2025-08-11"[Eiegeregtigheid is] hoofsaaklik ’n problematiese verskynsel met velerlei implikasies binne die konteks van Eerstewêreldse besigheidsmodelle. Watter onderliggende faktore sou dus moontlik ’n rol kon speel om die heersende perspektief in verband met eiegeregtigheid as ’n negatiewe persoonlikheidstrek uit ’n ander hoek toe te lig?"
Die Nasionale Dialoog: ’n berekende strategie, of ’n geldverkwistende “talkshop”?
2025-08-11"Gemeenskappe se mees kritieke rol is egter om mede-eienaarskap van ons demokratiese bestel te neem en diegene wat hulle tydens plaaslike en nasionale verkiesings verkies, verantwoordbaar te hou."
Pirow Bekker, ’n huldeblyk
2025-08-09"Hy het hoë standaarde gehad, maar hy het ook die merkwaardige manier gehad om met almal op gelyke voet te kon praat, van die mees nederige plaaswerker tot die intellektuele reuse van sy era. Hy was ’n fyn en nuuskierige waarnemer wat ’n vismot in ’n bollig sien en ’n gedig daaruit skep."
"Haal af bitsje bitsje en maak ope die omwoelsels..." – vroeë Arabies-Afrikaanse tekste
2025-08-07"Ten opsigte van Arabies-Afrikaanse tekste is twee skryfstelsels gevolg, die een in Arabiese grafiese skrif en die ander in Arabiese fonetiese skrif wat die klank van Afrikaanse woorde weergegee het."
Ek wat vuur bemin en altyd waaghalsig was
2025-08-07"En wat het in 60 jaar gebeur – van ’n kind wat langs ’n vuur sit, tot ’n volwassene wat ’n skrywer en letterkundige geword het? Stories, dit is wat gebeur het. En vuur. En ’n dodelike skoot waansinnige waaghalsigheid. Want skryf, dit weet ons, is nie vir bangbroeke nie."
Kemi Badenoch: The Africa that was not born in her
2025-08-07"Africa is not merely a matter of geography. It is a wound still healing, a question still posed, a promise yet unfulfilled. For those of us who believe in her future, that work of memory and of resistance remains unfinished."
University of São Paulo Winter School on University, Memory and Reparations
2025-08-07"[M]emory, especially in societies shaped by violence and historical injustice, is never singular or linear. It is shaped by power, trauma, resistance, silence and ongoing struggles for recognition. Memory is often contested and fragmented, because different groups remember differently, and what is remembered or forgotten is deeply political."
Madelein Rust deur my lens
2025-08-06"Uiteindelik, toe sy voel mense reken haar as ’n skrywer, het sy gesê nóú mag ons oor kanker praat. En toe gebruik sy haar bekende gesig om mense aan te moedig in hulle eie stryd teen kanker – dit het allermins oor haar gegaan."
Ek wens ek het so goed gelyk
2025-08-06"Ek sal verbaas wees as enigiemand foute kan uitwys in Viljoen se argument. Ek is dit heeltemal eens met hom."
Madelein Rust: ’n huldeblyk
2025-08-06"Ek sal ook Madelein se besondere sin vir humor onthou. Gaan lees gerus haar kankerboeke om te hoor hoe lekker kon sy ook met haarself spot, selfs in die donkerste tye."
Breinvliesontsteking? Meningitis? Dit is wat jy moet weet.
2025-08-06Die tragiese dood van ’n koshuiskind op Stellenbosch het die dorp op hol. Wie is volgende? Freek Robinson praat met Jantjie Taljaard, ’n infeksiesiektespesialis. Robinson vra: Wat is die simptome van breinvliesontsteking? Wat moet ek doen as ek simptome sou toon? Wie is moontlik vatbaar daarvoor? Hoe word die siekte versprei? Hoe kan ons dit voorkom?
Wat sê Bettina? Hongersnood in Gaza
2025-08-06"Die beelde van uitgeteerde kinders met opgeblase magies, vir so lank sinoniem met hongersnood in Afrika, is nou algemeen in Gaza. Dit terwyl hulp en kos slegs enkele kilometer weg beskikbaar is."
Reguit met Robinson: Eerder wye voetsoolvlakdialoë
2025-08-01Die Nasionale Dialoog van honderde miljoene rande, met ’n politieke agenda. Ellendige armoede en werkloosheid op veral die platteland. Riool wat deur huise loop. Misdaad. Moedeloosheid oor Suid-Afrika se jeug. Braam Hanekom benadruk vir Freek Robinson die belang van onafhanklike, veelvuldige dialoë op voetsoolvlak, regoor Suid-Afrika, tussen gewone Suid-Afrikaners.
