Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Wat sê Bettina? Zohran Mamdani se Suid-Afrikaanse verbintenis
2025-07-14"Die afgelope ruk sien ek gereeld trotse kommentaar oor hoedat Zohran Mamdani, die kandidaat vir New York se burgemeesterskap, in Suid-Afrika skoolgegaan het, met die onvermydelike implikasie dat sy tyd hier sy politieke denke moes beïnvloed het. Dalk het dit, wie weet? Maar as dit enige invloed gehad het, weet ek nie of dit die tipe is waaroor ons noodwendig hoef te koop te loop nie."
Privaatsektorbelegging in waterbestuur en -infrastruktuur: enkele oorwegings
2025-07-14"Suid-Afrika benodig sowat R256 miljard per jaar tot 2050 om watersekerheid te verseker, met ’n jaarlikse tekort van ongeveer R91 miljard."
Die Mkhwanazi-skok: Hoe diep loop korrupsie? (14 Julie 2025)
2025-07-14"In sy kamoefleerdrag by die perskonferensie op Sondag 6 Julie 2025 het hy gelyk soos ’n Suid-Amerikaanse dwelmbaas wat nuwe smokkelroetes aankondig, want langs die gekamoefleerde generaal het ’n aantal gewapende lede in volle gevegsdrag en met gesigsmaskers gestaan."
Seen elsewhere: I have asked ChatGPT to predict Ramaphosa’s address
2025-07-13"This is not the time for panic. It is the time for calm, for resolve, and for clarity. Let us remember who we are: a people who have faced down tyranny before."
Seen elsewhere: PT Mtuze cannot die, his words live on
2025-07-13"His body of work cuts across genres — novels, short stories, drama, essays, poetry, biographical writings as well as translations."
Selfportret met stellings
2025-07-10"Eendag sal jy in jou vyftigs wees en uiteindelik glo mans huil nie, eenvoudig omdat huil nie help nie en dis hartverskeurend."
Ons Alma, entoesiastiese skrywersvriend en kunsbeskermer
2025-07-10"Alma Kennedy was groter as lewensgroot en sy het mense na haar toe aangetrek."
Mens versus masjien: ’n nuwe opstand teen die Berg Olimpus?
2025-07-10"Kan KI enigiets anders weergee as wat dit by die kollektiewe uitset van ons mense afgekyk het?"
Wat sê Bettina? Verpligte diensplig en soldate se trauma
2025-07-10"Sou ons land anders wees as daar as deel van die WVK se verrigtinge ’n aanbeveling gemaak word dat almal wat in oorlog betrokke was, aan weermagkant en aan vryheidsvegterkant, vir verpligte gratis terapie moes gaan?"
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met Johannes de Villiers oor sy roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu
2025-07-10Johann Rossouw gesels met Johannes de Villiers oor De Villiers se roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu.
Israel toets ons geloof
2025-07-09"Hoe dit ook al sy, my vriend vertel dat sekere Afrikaners hulle met die volk van Israel vereenselwig in die sin dat hulle ook hulself as 'uitverkore' wil bestempel."
Trump-tariewe en die sitrusbedryf
2025-07-08VSA-president Donald Trump het vandeesweek ’n 30%-tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA aangekondig wat vanaf 1 Augustus in werking tree. Freek Robinson gesels met Gerrit van der Merwe, bestuurshoof van Summer Citrus in Citrusdal, oor die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf.
Strengthening the shield: Why South Africa must stand with commissioner Mkhwanazi against corruption and cartels
2025-07-08"The implications are stark. If those entrusted with the highest ranks of law enforcement cannot operate without fear or favour because they fear political retaliation, then our entire criminal justice system is endangered."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal
2025-07-07"Toe ’n Europese reis my die eerste maal beskore word – na Parys, Frankryk van 5 tot 31 Desember 1994 – was dit ’n soort tuiskoms. Jy moes soontoe reis om, soos soveel andere voor jou, agter te kom jy is meer van hiér, van Afrika, as van dáár; en jy moes soontoe reis om ook te besef dat jy tog in ’n mate daar tuis voel."
Liam Jacobs se oorloop: ’n weerspieëling van breër politieke dinamika
2025-07-07"Liam Jacobs se oorloop verteenwoordig dus meer as net een politieke besluit. Dit dien as ’n perspektief vir die ontleding van Suid-Afrika se voortdurende poging om ’n demokrasie te vestig wat inklusief en betekenisvol is."
Pareltjes uit Amsterdam: Susan Coetzee-van Rooy van die Zuid-Afrikahuis
2025-07-04Susan Coetzee-van Rooy het in Junie vanjaar by die Zuid-Afrikahuis-span in Amsterdam aangesluit. Susan is die eerste Suid-Afrikaanse direkteur van hierdie kultuur- en kennissentrum. Sy vertel vir Johan Allers meer oor haar passie vir tale en hoe sy haar pad na die Zuid-Afrikahuis op Keizersgracht gevind het.
Tony Leon se blik op die geboorte van die RNE
2025-07-04"Wat duidelik uit Tony Leon se mededelings spreek, is dat die vorming van die RNE geen geringe taak was nie."
Elders gesien: ’n Sprankelonderwyser
2025-07-03"Juffrou Adonis, jou leerders het ’n blywende indruk gelaat. ’n Mens kan seker nie anders as ’n sprankelonderwyser, soos u, die skoolgemeenskap lei nie."
Kernwapens en internasionale politiek
2025-07-03Is daar iewers ’n rooi knoppie wat gedruk kan word en siedaar, daar breek die Derde Wêreldoorlog uit? Kan kernwapens, ironies genoeg, vrede bewerkstellig? Watter voordele het kernkrag? Eben Coetzee skets vir Freek Robinson ’n meer genuanseerde prentjie teen die agtergrond van die onlangse konflik tussen Iran, Israel en die VSA.
Wat sê Bettina? Wanneer KI hallusineer
2025-07-03"As drie advokate, en ’n regsfirma wat senior genoeg is om drie advokate te kan bekostig (wat ook ’n skatryk kliënt impliseer), almal deur KI om die bos gelei kan word, aan watter gevare word ons gewone sterflinge nie blootgestel wanneer ons KI-inligting vir soetkoek opeet nie?"
