Die Lasarus-effek: Eugène Marais (1871–1936)

  • 0

Jannie Pretorius lees graag oor die verlede en gebruik KI om ou foto’s ’n nuwe lewe te gee. Klik op die kleurfoto’s om te vergroot.

Min Afrikaanse skrywers het oor die jare soveel durende aandag as Eugène Marais ontvang. Hy was ons eerste groot digter, en agt van sy gedigte is deur André P Brink in Groot verseboek van 2000 opgeneem. Wie weet nie van “Winternag” en “Die dans van die reën” nie?

Leon Rousseau se biografie oor Marais staan as ’n baken in die Afrikaanse literêre wêreld. Dis in 1974 gepubliseer en in 2005 bygewerk en deur Protea Boekhuis heruitgegee.

Marais was veel meer as ’n digter. Sy boeke oor die siele van die mier en die aap was baanbrekerswerk – so goed dat hy waarskynlik deur ’n Europese Nobelpyswenner geplagieer is (Van Reybrouck 2003). Katinka Heyns het ’n boeiende rolprent oor ’n deel van sy lewe gemaak: Die wonderwerker.

Benewens digter en natuurwetenskaplike was Marais ook ’n meedoënlose koerantman, advokaat, verteller en sielkundige. Robert Ardrey noem hom  “a human community in one man” in sy voorwoord vir The soul of the ape (Marais 1969:2).

Hy was ook ’n hopelose morfienverslaafde wat homself op 29 Maart 1936 met ‘n haelgeweer om die lewe gebring het. Twee skote was nodig – die eerste een was skrams.

Ek sluit die bronnelys van my boeke oor Marais hierby in. Vir lesers wat dit nog nie gelees het nie, beveel ek dit met die grootste vrymoedigheid aan. Dit sal ure se fassinerende leesstof verskaf en jou neem na die verste grense van die menslike toestand. Watter boek om mee te begin?  Die genotvolle een van David von Reybrouck.

(Só lyk die oorspronklike foto’s.) 

Bronne

Brink, AP. 2000. Groot verseboek: 2000. Kaapstad: Tafelberg.

Marais, E. 2002. The soul of the white ant. Somerset-Wes: Stephan Phillips (Edms) Bpk.

Marais, EN. 1957. Versamelde gedigte. Pretoria, JL van Schaik Beperk.

—. 1969. The soul of the ape. Londen: Anthony Blond Ltd.

Rousseau, L. 1974. Die groot verlange: die verhaal van Eugène N Marais. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

—. 2005. Die groot verlange: die verhaal van Eugène N Marais. Pretoria: Protea Boekhuis.

Van Reybrouck, D. 2003. Die plaag: die stil geknaag  van skrywers, termiete en Suid-Afrika. Pretoria, Protea Boekhuis. (Uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo.)

Lees en kyk ook:

Treurige wysies: Eugène N. Marais se "Winternag" as vers en lied (1908–2024)

Luisterverhale: "Die lied van die reën" deur Eugène Marais, voorgelees deur Marcel van Heerden

Luisterverhale: "Die vaal koestertjie" deur Eugène Marais, voorgelees deur Marcel van Heerden en Rolanda Marais

Eugène Marais (1871–1936): ’n lewensoorsig

Die Lasarus-effek: CJ Langenhoven (1873–1932)

Die Lasarus-effek: Emily Hobhouse

Die Lasarus-effek: Frederik L Rothmann

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top