Jannie Pretorius

Jannie Pretorius is ’n digter en medeprofessor aan die Universiteit van die Vrystaat.
 

Israel, Iran, ’n Aardryskundeles en ’n atoombom

Jannie Pretorius Elders gesien 2026-03-16

"Toe dag ek: hoe groot is Israel in vergelyking met die Vrystaat?"

Die Lasarus-effek: Hester Heese (1911–1992)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-15

"Hester Heese (nooiensvan De Swardt) is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier naby Kaapstad gebore en was een van sewe kinders. Na haar opleiding as kindertuinonderwyseres het sy onderwys gegee op Upington en later in Kaapstad. In 1937 trou sy met Karl Heese en uit die huwelik is vyf kinders gebore. As pastoriemoeder van verskeie NGK-gemeentes het sy aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem."

Die Lasarus-effek: Tryna du Toit (1910–2005)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-15

"Catherina Charlotte Kotzenberg, wat die skuilnaam Tryna du Toit gebruik het, is op 13 Januarie 1910 op De Aar gebore en het ’n merkwaardige loopbaan as Afrikaanse skrywer gehad. Na haar opleiding as onderwyseres het sy in 1932 met Wilhelm Kotzenberg in die huwelik getree en hulle het drie kinders gehad. Tydens haar huwelik was sy eers voltyds huisvrou voordat sy voltyds begin skryf het."

Die Lasarus-effek: Peter Blum (1925–1990)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-07

"Peter Blum was een van die mees raaiselagtige en vlymskerp figure in die Afrikaanse letterkunde. Hy is in Europa gebore (waarskynlik in Wene) en het as kind in 1936 na Suid-Afrika gekom om aan die opkoms van Nazisme te ontkom."

Die Lasarus-effek: Hettie Smit (1908–1973)

Jannie Pretorius Visueel 2026-01-06

"Smit word vandag onthou as ’n pionier wat die Afrikaanse taal met ’n 'fyn en verfynde' hand bespeel het en as ’n vrou wat die moed gehad het om haar diepste sielsleed in kuns te omskep."

Die Lasarus-effek: Ernst van Heerden (1916–1997)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-24

"Ernst van Heerden was een van die mees verwikkelde en gerespekteerde figure in die Afrikaanse letterkunde. Sy lewe en werk is gekenmerk deur ’n fassinerende paradoks: die viering van fisieke krag teenoor die pynlike verwerking van liggaamlike aftakeling."

Die Lasarus-effek: AD Keet (1888–1972)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-23

"Albertus Daniel Keet was ’n veelsydige figuur in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis: ’n gerespekteerde geneesheer, ’n musikale digter en ’n belangrike kulturele skakel tussen Suid-Afrika en Europa."

Die Lasarus-effek: Alba Bouwer (1920-2010)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-18

"Alba Bouwer se literêre loopbaan het op ’n onverwagse manier begin toe Landbouweekblad haar in 1954 versoek het om stories vir hulle kinderrubriek te skryf. Sy het nostalgiese verhale geskep wat teruggryp na haar geliefde plaastyd. Dit het tot die geboorte van Stories van Rivierplaas gelei."

Die Lasarus-effek: RW (Roland) Schikkerling (1879–1944)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-17

"Roly, soos hy deur vriende en familie genoem is, het as negentienjarige by die Boeremagte aangesluit. Hy was van die begin af baie realisties oor die Boere se kanse op ’n oorwinning. Op bladsy 2 van sy fantastiese dagboek sê hy: 'Ek moet erken dat ek bloedmin hoop gehad het op ’n suksesvolle einde vir ons. Maar hoekom moet daar hoop wees?'"

Die Lasarus-effek: PJ Schoeman (1903–1988)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-10

"Pieter Johannes (Piet) Schoeman was een van Suid-Afrika se belangrikste natuur- en kultuurskrywers, wat intieme konneksies tussen die Afrikaanse letterkunde, veldbelewenis en volke­kunde gevestig het. Hy is in ’n nagmaalwa naby Utrecht in Natal gebore en word groot in ’n wêreld waar die veld, die Drakensberge, die Bosveld en die Zoeloekultuur sy vormingsjare diep beïnvloed."

Die Lasarus-effek: Andries Albertus Pienaar (Sangiro) (1894–1979)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-09

"Sy vormingsjare in Duits-Oos-Afrika (wat dele van die huidige Tanzanië, Rwanda en Burundi beslaan het), aan die voet van Kilimandjaro, het ’n lewenslange liefde vir diere en die tropiese landskap gevestig. Die plaaslike bevolking het hom die bynaam Sangiro, wat 'hasie' beteken, gegee omdat hy so vinnig kon hardloop – ’n naam wat hy later as skrywersnaam sou gebruik."

Die Lasarus-effek: Deneys Reitz (1882–1944)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-03

"Deneys Reitz se Commando: A journal of the Boer War, wat in 1929 gepubliseer is (in 1930 in Afrikaans), word wêreldwyd as een van die indringendste en lewendigste ooggetuieverslae van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) beskou."

Die Lasarus-effek: Thomas Ochse Honiball (1905–1990)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-03

"TO Honiball was ’n baanbreker en ’n reus in die Afrikaanse kultuur en kuns, en was veral bekend vir sy ikoniese strokiesprente. Hy is in Cradock, Oos-Kaap, gebore, en sy liefde vir tekenkuns het reeds toe hy ’n jong seun was, in Stellenbosch begin, waar hy op vaal, plat koshuisgrond met ’n stok sketse gemaak het."

Die Lasarus-effek: DF Malherbe (1881–1969)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Daniël François Malherbe was ’n kolos in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is in 1881 gebore en was as skoolseun al geesdriftig oor Afrikaans, en het toe reeds ’n taalkongres in die Paarl bygewoon. Hy was ook tydgenoot van Totius en AG Visser en hulle het saam gretig vir die poskar gewag om Di Patriot en Ons Klyntji te ontvang."

Die Lasarus-effek: Anna M Louw (1912–2003)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Anna M Louw is een van Afrikaans se belangrikste prosaïste, ’n 'eenloper' wat geweier het om deel van enige literêre beweging te wees."

Top