Die Lasarus-effek: Topsy Smith (1914–1985)
2025-11-19"Hoe aangenaam om Topsy Smith, wat ongeveer 200 boeke die lig laat sien het, uiteindelik in die oë te kan kyk en sy vriendelike glimlag te kan ervaar. Hy is natuurlik veral bekend vir sy jeugboeke, in die besonder die Trompie- en Saartjie-reekse, laasgenoemde onder die skuilnaam Bettie Naudé."
Die Lasarus-effek: Ingrid Jonker (1933–1965)
2025-11-18"Ingrid Jonker is een van die mees gevierde, prominente en tragiese digters in die Afrikaanse literatuur. Haar bestaan in hierdie wye en droewe land was kort, té kort, maar haar invloed reik steeds verder en dieper in die kollektiewe bewussyn van mense wat haar en haar gedigte waardeer en bewonder."
Die Lasarus-effek: Tant Miem Rothmann (MER): (1875–1975)
2025-11-12"Omdat MER se bemoeienis met die Afrikaanse saak dekades voor my politieke en literêre bewuswording gebeur het, het ek haar meesal deur Hennie Aucamp leer ken. Sy was vir Hennie ’n belangrike rigtinggewer."
Die Lasarus-effek: Solomon Tshekisho (Sol) Plaatje (1876–1932)
2025-11-12"Ek wil fokus op die dagboek wat Sol Plaatje, ’n intellektueel, joernalis, taalkundige, politikus en skrywer, tydens die beleg van Mafeking in die Anglo-Boereoorlog bygehou het."
Die Lasarus-effek: Jan FE Celliers (1865–1940)
2025-11-06"Daar is weldeeglik oor Jan FE Celliers geskryf. Ek wil daarom kortliks op sy omvangryke oorlogsdagboek fokus. Hierdie dagboek, in Nederlands geskryf, het my oor die jare groot plesier verskaf."
Die Lasarus-effek: ID du Plessis (1900–1981)
2025-11-05"'Rietfontein' van ID du Plessis was die eerste gedig wat jare gelede aan my begin kleef het. Dit is volledig opgeneem in ons Afrikaanse handboek in matriek – in 1981. Daar was vir my iets magies, dramaties en boeiend aan dié ballade."
Die Lasarus-effek: Eugène Marais (1871–1936)
2025-10-30"Min Afrikaanse skrywers het oor die jare soveel durende aandag as Eugène Marais ontvang. Hy was ons eerste groot digter, en agt van sy gedigte is deur André P Brink in Groot verseboek van 2000 opgeneem. Wie weet nie van 'Winternag' en 'Die dans van die reën' nie?"
Die Lasarus-effek: CJ Langenhoven (1873–1932)
2025-10-29"Die beminde 'Sagmoedige Neelsie' was en is steeds volksbesit. Hoeveel plesier het sy priemende en gevatte spreuke my nie al verskaf nie."
Die Lasarus-effek: Emily Hobhouse
2025-10-23"’n Mens hoef min oor Emily Hobhouse te sê, want sy is bekend genoeg. Die bygaande foto, waarvan die swart-en-wit weergawe in haar Boer War Letters gepubliseer is, is só fantasties deur Gemini getransformeer dat dit byna sonder enige bykomende inligting geplaas kon word."
Die Lasarus-effek: Frederik L Rothmann
2025-10-23"Rothmann se dagboek, in keurige taal geskryf, bevat heelwat juwele. So vertel hy van vyf burgers sonder perde wat een oggend vroeg die Engelse gaan voorlê om perde te bekom."
Die Lasarus-effek: Tant Miem Fischer (1867–1956)
2025-10-15"Die inskrywings in tant Miem Fischer se welbekende kampdagboek is meestal so skerp soos skeermeslemme, met die gevolg dat ek huiwer om haar sommer te 'Miem'."
Die Lasarus-effek: Wilhelm Mangold (1877–1922)
2025-10-14"Wilhelm Mangold, van Duitse agtergrond, sluit hom met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) by die Heidelberg-kommando aan. In sy oorlogsdagboek word gebeure oor 17 maande boeiend en akkuraat aangebied."
7 Oktober 2025: ’n brief aan prinses Charlene van Monaco
2025-10-07"Die hede is al wat ons het en, in my geval, sit ek tans in ’n heerlike wiegstoel wat ek self gemaak het."
15 September 2025: ’n brief aan prinses Charlene van Monaco
2025-09-15"Hierdie September het ’n volle vier jaar verloop sedert ek in Bloemcare opgeneem is en ek voel deesdae meesal soos my ou self. My psigiater het dit voorspel."
9 September 2025: ’n brief aan prinses Charlene van Monaco
2025-09-09"Hy skree vir die narkotiseur: 'Wag eers!' Te laat. Ek voel hoe ek wegsweef, salig onbewus van die drama wat sou volg."

