Jannie Pretorius lees graag oor die verlede en gebruik KI om ou foto’s ’n nuwe lewe te gee. Klik op die foto om te vergroot.

Die inskrywings in tant Miem Fischer se welbekende kampdagboek is meestal so skerp soos skeermeslemme, met die gevolg dat ek huiwer om haar sommer te “Miem”. Van Junie 1901 tot Julie 1902 was sy saam met haar enigste seun, Karel, in konsentrasiekampe te Standerton en Merebank, Natal.
So berig sy dat twee kinders per geleentheid in een graffie begrawe is: die een in ’n kissie en die ander in ’n kombers. By die graf is ’n gebed deur een van die “hensoppers” gedoen. Dis verskriklik vir haar, skryf sy, dat so iemand kan bid by die graf van onskuldige kinders wat hy verraai het.
Na die oorlog, wat al drie die gesinslede oorleef het, het hulle naby Bethal begin boer, maar nadat op hulle winterplaas in die destydse Swaziland beslag gelê is, moes die mans op die spoorlyn na Bethal gaan werk voor hulle weer kon gaan boer. Willem is in 1928 en Karel in 1933 oorlede. Sy en haar skoondogter, Lettie, het daarna op Ermelo gaan woon, waar sy in 1956 oorlede is.
Bron
Coetzee, MA (red). 1964. Tant Miem Fischer se kampdagboek: Mei 1901 – Augustus 1902. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.



Kommentaar
Dis pragtige en waardevolle foto's, maar wel aansienlik geredigeer soos hulle hier verskyn.
(Ek bedoel nie dit moenie gedoen word met sulke foto's nie.)