Die Lasarus-effek: Wilhelm Mangold (1877–1922)

  • 8

Jannie Pretorius lees graag oor die verlede en gebruik KI om ou foto’s ’n nuwe lewe te gee. Klik op die foto om te vergroot en sien die video hier onder.

Wilhelm Mangold, van Duitse agtergrond, sluit hom met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) by die Heidelberg-kommando aan. In sy oorlogsdagboek word gebeure oor 17 maande boeiend en akkuraat aangebied.

In Februarie 1901 word hy ernstig in die gesig gewond. Hy beskryf sy wond droogweg soos volg:

Drie sentimeter onderkant my linkeroor het die wond begin, die linkerwang was heeltemal oopgeskeur, die wangbeen gebreek en versplinter, my bolip en verhemelte stukkend, my onderlip het oor my regterwang gehang, ’n deel van my kenbeen was weg, op een na was al my ondertande uit en die vel van my ken en ʼn stuk wang so groot soos my hand het losgehang. Die regterwang was nie beseer nie.

Toe hy op wonderbaarlike wyse genoegsaam herstel het, is hy Duitsland toe gestuur vir ’n groot operasie en kunsgebit. Hy het sodanig herstel dat hy sy lewe na die oorlog as grafsteenmaker op Heidelberg kon voortsit – al was sy mond “veel kleiner” as voorheen.

(Só lyk die oorspronklike foto.)

Wil jy hom sien beweeg? Klik op die knoppie.

Verwysing

Van Rensburg, Thariza (red). 1988. Vir vaderland, vryheid en eer: Oorlogsherinneringe van Wilhelm Mangold. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.

  • 8

Kommentaar

  • Is daar enige iets anders van die Anglo-Boere-oorlog wat julle nog kan plaas? Ek stel baie belang daarin.

  • Wolfgang Witschas

    I have written an article about the German Commando of Commandant Adolf Schiel that took part in the Second Anglo Boer War.
    During my research I found an alphabetical list of members of this commando. Under M there is a Dr Mangold (no intials), the compiler of the list mentioned the list is not totally 100% acurate. This commando participated in the battle of Elandslaagte and suffered severe casualties.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top