Die Lasarus-effek: Ingrid Jonker (1933–1965)

  • 0

Jannie Pretorius lees graag oor die verlede en gebruik KI om ou foto’s ’n nuwe lewe te gee. Klik op die kleurfoto om dit te vergroot en sien die video hier onder.

Ingrid Jonker is een van die mees gevierde, prominente en tragiese digters in die Afrikaanse literatuur. Haar bestaan in hierdie wye en droewe land was kort, té kort, maar haar invloed reik steeds verder en dieper in die kollektiewe bewussyn van mense wat haar en haar gedigte waardeer en bewonder.

As sodanig bevind sy haar in die geselskap van die grootste Afrikaanse digters. Sy is in my oë ’n wêreldgees wat tuis sou wees in die geselskap van Virginia Woolf, Sylvia Plath en Anaïs Nin. Dit is merkwaardig, want sy was maar kort duskant 32 jaar oud toe sy die see ingestap het. Daarmee het sy die aardse bestaan verlaat en onsterflikheid verwerf.

Net drie van haar bundels is gepubliseer, maar dit was genoeg. Sy was broos en fel, vol liefde, passie en pyn, fynbesnaard en -bedraad en hoogs bewus van sosiale onreg. Dit het haar soms ’n moeilike mens gemaak om mee om te gaan, maar dit was miskien die noodwendige manifestering van die intense en dodelike spel tussen ’n beeldskone en sensuele voorkoms, genialiteit en sensitiwiteit.

Wil jy haar sien beweeg? Klik op die knoppie.

(Só lyk die oorspronklike foto.)

Lees ook:

Ingrid Jonker (1933–1965)

Was Ingrid Jonker ’n slagoffer van die rooi skoene?

Persverklaring: Ingrid Jonker kom eindelik huis toe

Die Lasarus-effek: Tant Miem Rothmann (MER): (1875–1975)

Die Lasarus-effek: Solomon Tshekisho (Sol) Plaatje (1876–1932)

Die Lasarus-effek: ID du Plessis (1900–1981)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top