Jannie Pretorius lees graag oor die verlede en gebruik KI om ou foto’s ’n nuwe lewe te gee. Klik op die kleurfoto’s om hulle te vergroot en sien die video hier onder.

Omdat MER se bemoeienis met die Afrikaanse saak dekades voor my politieke en literêre bewuswording gebeur het, het ek haar meesal deur Hennie Aucamp leer ken. Sy was vir Hennie ’n belangrike rigtinggewer. So beskryf hy haar in ’n resensie van haar outobiografie:
Groot “helde van die gees” is, in watter kultuur of beskawing ook al, ’n seldsaamheid; as so ’n “held van die gees” ’n gevierde skryfster is wat oor byna ’n eeu van eie menswees skryf, soos MER in My beskeie deel, is dié outobiografie ʼn gebeurtenis van nasionale belang.
Hy beskou die motiewe in haar biografie as aanverwant en meen dit kan na één tema herlei word: “Die groei van ’n begaafde enkeling na volwassenheid, teen die agtergrond van ’n volk se beur, deur oorloë en ander politieke versperrings heen, na identiteit en volwassenheid.”
Hy sluit sy resensie as volg af:
MER is meer as net ’n “gewer”, meer as net nog “’n goeie mens”. Ook op haar is van toepassing wat sy van Mary Brown sê – Mary Brown, beskermengel in Olive Schreiner se lewe:
Weldadige, selfvergetende geeste – of noem dit siele – gee die indruk as mens hulle doen en late gadeslaan, dat hulle in verbinding is met ’n Bron van welwillendheid teenoor al wat leef, en dat hulle so kanale vorm waardeur hierdie bron se lawende kragte in ’n besondere mate na die mensdom uitgaan.
Wil jy haar sien tik? Klik op die knoppie.

(Só lyk die oorspronklike foto’s.)
Bronne
Aucamp, H. 1998. Beeltenis verbode. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau.
Bailey, A. 2025. Afrikaans 100 – Taalheldin 3 – Maria Elizabeth Rothmann (MER) https://wereldwyd.co.za/afrikaans-100-taalheldin-3-maria-elizabeth-rothmann-m-e-r (7 November 2025 geraadpleeg).




Kommentaar
Baie dankie Jannie ook vir hierdie lieflike bydrae oor MER (en vir al die foto's).
Jy is reg, Jannie, MER was 'n formidabele vrou.
Baie dankie vir julle meelewing hiermee, Marinus, Marie en Piet.
Fantastiese, sterk vrou - wens ek het haar persoonlik geken.
Hoekom is rubriek genoem "Lasarus-effek"?