Jannie Pretorius lees graag oor die verlede en gebruik KI om ou foto’s ’n nuwe lewe te gee. Klik op die foto om te vergroot.

’n Mens hoef min oor Emily Hobhouse te sê, want sy is bekend genoeg. Die bygaande foto, waarvan die swart-en-wit weergawe in haar Boer War Letters gepubliseer is, is só fantasties deur Gemini getransformeer dat dit byna sonder enige bykomende inligting geplaas kon word.
Ek wil egter tog twee stukkies inligting weergee.
Die eerste is dat die foto in 1895 geneem is, terwyl sy oor haar vader getreur het. Ek dink dis moontlik om dit in die foto waar te neem. Dit wys die effe hartseer trek op haar gesig.
Die tweede is iets uit haar brief op 9 Januarie 1901 aan haar tante, lady Hobhouse, waarin sy vertel van haar afspraak op dieselfde dag met sir Alfred Milner. Sy skryf:
He admitted the farm-burning was a mistake (how mild to put it like that) and he said he thought something should certainly be done to ameliorate the condition of the women and children, about whom he was evidently uneasy, for with his own eyes he had seen truck-loads of women when he came down the line, and it had occurred to him that it was rather terrible.

(Só lyk die oorspronklike foto.)
Bron
Van Reenen, Rykie (red). 1984. Emily Hobhouse: Boer War Letters. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau
Lees en kyk ook:
The story of Emily: ’n gesprek oor Emily Hobhouse se huis as besienswaardigheid in Engeland
Book review: Emily Hobhouse – Beloved Traitor by Elsabé Brits
Emily Hobhouse en Olive Schreiner: Twee koppiges in die Karoo


