Jannie Pretorius lees graag oor die verlede en gebruik KI om ou foto’s ’n nuwe lewe te gee. Klik op die kleurfoto’s om hulle te vergroot en sien die videos hier onder.

Ek wil fokus op die dagboek wat Sol Plaatje, ’n intellektueel, joernalis, taalkundige, politikus en skrywer, tydens die beleg van Mafeking in die Anglo-Boereoorlog bygehou het. Hy het as tolk in die hof opgetree (hy was verskeie tale magtig) en as Britse simpatiseerder het hy ’n weersin in die Boeremagte gehad.
Wat vir my uitstaan van sy fassinerende dagboek, is die droë gelatenheid waarmee hy meestal die afgryslikhede en vrees wat die Boere se bomme en koeëls veroorsaak het, beskryf. So skryf hy op 2 Januarie 1900:
The 7-pounder that fired from the east yesterday had been moved to Jackal Tree during the night. It sent a number of shells into the stadt early this morning, one of which smashed inside the hut of Mma-Mokoloi and emptied its contents on her head. None of the others were injured. The baby at her breast was not even shaken. A shell from “Sanna” hit the east of the Stadt, where Ellitson has put up his slaughter-pole since the Siege, and amputated an employee in a most pitious [sic] manner – both legs and both arms. He died after this.
Op 6 Februarie rapporteer hy:
A little boy was out herding cattle and some Boer shot him on his forehead and the bullet came out at the back of his head. If he was struck by a Martini, he would have been dead already. But a Mauser bullet being so small, he is still breathing.
Die digtheid van heelwat van die inskrywings vra om in poësie omgesit te word, soos dié een:
’n Bom het heel toevallig
vanoggend op Markplein geval,
opgebons,
ou Moshuchwe se hut uitgesoek –
twee kilometer weg, ’n vloekskoot –
en dit reg van agter getref, waarna
dit twee vrouens onthoof
en drie broers swaar wond.
Die ou man was nie daar nie.
Wil jy hom sien beweeg? Klik op die knoppie.
Hierdie foto toon die South African Native National Congress se afvaardiging na Engeland, Junie 1914. Van links: Thomas Mapike, eerwaarde Walter Rubusana, eerwaarde John Dube, Saul Msane, Sol Plaatje. Die afvaardiging het probeer om die Britse regering sover te kry om in te tree teen die Natives’ Land Act van 1913, maar die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het hulle poging gefnuik.
Wil jy hulle sien beweeg? Klik op die knoppie.

(Só lyk die oorspronklike foto’s.)
Bronne
Comaroff, JL (red). 1973. The Boer War diary of Sol T Plaatje: an African at Mafeking. Johannesburg: Macmillan.
Commons Wikipedia. Kategorie: Sol Plaatje. https://commons.wikimedia.org/wiki/Category:Sol_Plaatje (7 November 2025 besoek).
Lees en kyk ook:
Sol Plaatje: A life of Solomon Tshekisho Plaatje, 1876‒1932 deur Brian Willan: ’n resensie
Sol T Plaatje: A life in letters – edited by Brian Willan and Sabata-mpho Mokae
"Afrikaans: Kom saam | Come along"-simposium by Sol Plaatje-universiteit: ’n onderhoud



