Jannie Pretorius

Jannie Pretorius is ’n digter en medeprofessor aan die Universiteit van die Vrystaat.
 

4 September 2025: ’n brief aan prinses Charlene van Monaco

Jannie Pretorius SêNet-briewe 2025-09-04

"Hoekom, wonder u seker, skryf ek aan u? Wel, ek neem in die eerste plek vrymoedigheid om aan u te skryf omdat daar ’n klein periode in my lewe was toe ek besonder begaan was oor u. Laat my verduidelik."

Vrypostige verslag van ’n (ydele) debuutdigter

Jannie Pretorius Boeke en skrywers 2025-01-20

"Ja, ek het en sal aanhou skryf omdat ek die aanstuwing voel. Ek was sonder twyfel oormoedig en oorgeesdriftig in 2024, maar gun my die luukse en dwaasheid daarvan."

’n Mooi verhaal vir Kersfees

Jannie Pretorius Menings 2024-12-24

"Die begraafplaas gaan nuwe lewe kry."

Ek het ook ’n snor, Koos, maar in elk geval ...

Jannie Pretorius Boeke en skrywers 2024-08-21

"Dit is in wese ’n gesprek oor wat kuns is – en saam daarmee, die estetiese ervaring. Ons mag dit dalk op intuïtiewe vlak begryp, maar wéét is iets anders. Oor die vraag wat is kuns en wanneer en onder watter omstandighede ’n ervaring ’n kunstige of estetiese aard aanneem, word al vir eeue gedebatteer."

Vir God is daar geen sonde nie – deel 2

Jannie Pretorius SêNet-briewe 2023-03-01

Jannie Pretorius skryf ’n opvolg op sy ope brief aan gelowiges: "Die Heilige Gees, soos die ragfyne dwergklokkie-plantjie, breek klippe in stilte. Hoe kragtig, hoe elegant, hoe wondermooi!"

Vir God is daar geen sonde nie

Jannie Pretorius SêNet-briewe 2023-02-21

"Die ou verbond van sonde, belydenis en vryspraak het doodeenvoudig misluk. Laat ons dit maar prontuit sê."

as kindsheid

Jannie Pretorius Poësie 2021-04-09

"sal jy jou neus teen myne vryf 
my gesig in jou hande hou 
my aan God opdra 
en my saggies soen?"

drie-eenheid

Jannie Pretorius Poësie 2020-10-30

"ubuntu is lief vir duur karre 
patronaat moet hulle gaan haal 
tender verduister die geld 
wat die armes moes betaal"

Poskantoor-tou (vir hernuwing van motorlisensies)

Jannie Pretorius Poësie 2020-10-14

"Eenduisend-vyfhonderd-ses-en-tagtig rand 
(betaal ek met vreugde, die kaartmasjien wérk); 
ek stap uit met drie nuwe skyfies 
en prys die Heer, die Poskantoor is ’n kerk"

The context of the origin and educational role of Caravaggio’s The beheading of St John the Baptist in the 17th century

Jannie Pretorius Academic research 2020-09-03

"The didactic, memorial and ceremonial value of The martyrdom functioned in symbiotic partnership with Caravaggio’s The beheading to train the novices in the nature, spiritual environment and circumstances of a cruel, bloodthirsty death."

Die konteks van die ontstaan en opvoedkundige rol van Caravaggio se Die onthoofding van Sint Johannes die Doper in die 17de eeu

Jannie Pretorius LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-09-03

"Die Ridders se Oratorium of klaskamer het gedien om nuwelinge op te lei in die aard, geestelike omgewing en omstandighede van ’n wrede, bloeddorstige dood. Die twee skilderye weerspieël die wrede, bloeddorstige realiteite van ’n geveg met die Turke."

Ballade vir Joost se boetie

Jannie Pretorius Poësie 2020-08-14

"Bedieninge-gemeente, waar die mense staan en sing 
en dertig gemeentelede aan die Here hulde bring
het op Sondag, 26 Julie 2020, ’n makabere toneel 
van skote en dood en bloed in die samekoms afgespeel."

Sterrenag

Jannie Pretorius Poësie 2020-07-21

"sê my, Vincent, wéét jy dalk dat Sterrenag nou een van die mees ikoniese skilderye is"

sonke

Jannie Pretorius Poësie 2020-07-02

"rooi is die lug en purperrooi die see
met haar wang in die sand
lê mevrou Viljee
rooi is die lug en skarlaken die see"

"Sou ék?" I en II deur Jannie Pretorius

Jannie Pretorius Poësie 2020-06-23

"sou ék nie moord pleeg om haar te verower nie
ek, met sonde besmet nog voor ek gebore was
sou ék hom nie vervolg het soos ’n moorddadige rower nie"

Top