drie-eenheid

  • 2

Foto: Canva.com

drie-eenheid

ubuntu is ’n rower 
patronaat is sy jonger broer 
tender is hulle suster 
en sy is die dorp se hoer

ubuntu besteel die people 
patronaat vreet die volk se kos 
tender naai tannies deur die ore 
en weier om die drank te los

ubuntu is lief vir duur karre 
patronaat moet hulle gaan haal 
tender verduister die geld 
wat die armes moes betaal

  • 2

Kommentaar

  • Louis du Plessis

    Om verskeie redes spreek jou skets tot my, Jannie. Eerstens dat jy die vorm van jou strofes met soveel selfbeheersing orden. Tweedens dat jy nie terugdeins van die selfdissipline wat rym en ritme eis nie. Derdens, dat jou uitdagende inhoud nie polities korrek wil wees nie maar bereid is om in die bresse te tree vir gewone burgers. (Ek vermoed dus jy het óók reeds oor ánder gebeure geskryf - waarteenoor jy volledig positief staan, dus, waarmee jy jou heeltemaal vereenselwig.) Vierdens dat jy vermeende vergrype bevraagteken met die metafoor van twee broers en 'n suster: watter betekenisvolle beeldspraak! Baie dankie Jannie vir jou drie-eenheid!

  • Jannie Pretorius

    Ek het hoë waardering vir jou gedetailleerde kommentaar, Louis. Baie dankie daarvoor.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top