Ballade vir Joost se boetie

  • 2

Foto: Canva.com

Met erkenning aan ID du Plessis: Rietfontein

tydens ’n kerkdiens van Querencia*
Bedieninge-gemeente, waar die mense staan en sing 
en dertig gemeentelede aan die Here hulde bring
het op Sondag, 26 Julie 2020, ’n makabere toneel 
van skote en dood en bloed in die samekoms afgespeel.

 pastoor by die kansel
die gemeente sing saam
verheug is die dertig
want hul prys hul God se naam
sag sing die man
van Van der Westhuizen-faam
pastoor by die kansel
die gemeente sing saam

op dié wintersoggend het die gemeente stil vergader 
om mekaar te onderskraag en tot hul God te nader 
hul kom soek vertroosting in die skadu van die Kruis 
en luister na ’n preek in God se heilige huis

pastoor by die kansel                                
die gemeente sing nog saam
                   
maar wie is dit dan
             
wat in die deurraam staan?
             
skuins draai die man
             
van Van der Westhuizen-faam
   
pastoor by die kansel
die gemeente sing nog saam

skielik spring drie rowers tussen die mense in die saal 
en dreig en slaan met wapens: “Ons het jul geld kom haal!” 
plat val die mans, die kinders en die vroue: 
“O God van Israel, laat bly ons tog behoue!”

’n rower voor die kansel                                
die gemeente kniel nou saam
woes dreig die rowers
en vloek in God se Naam
daar stáán die man
van Van der Westhuizen-faam
’n rower tussen die mense
die gemeente bid nou saam

Pieter trek die sneller, daar klap verskeie skote 
en op die kerk se vloer val twee van die idiote 
gate in die verdagtes se liggame en hul klere; 
dié gemeente is onder beskerming van almagtige Jahweh-Jireh

bloed by die kansel
en bloed in die saal
verlig is die dertig: 
hul kom die lyke haal 
nog ’n heroïese 
Van der Westhuizen-verhaal 
bloed by die kansel 
en bloed in die saal

  • Querencia: plek vanwaar jy jou krag kry, waar jy tuis voel
  • 2

Kommentaar

  • Gideon Joubert

    Uitstekende werk van een man wat genoeg gehad het. Ons as nasie kan die duiwel verslaan, maar ons moet in die HERE se naam opstaan, en terug slaan. Die tyd is nou. Die Here straf ons want ons aanbid ons geld en besittings, en kyk neer op ander wat nie so bevoorreg is nie. Laat ons in die HERE se naam saamstaan, terugkeer na GOD, en ons sal weer floreer. Eer aan ons GOD.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top