Sterrenag

  • 2

Sterrenag (Fotobron: Wikipedia)

sê my, Vincent, wéét jy dalk dat Sterrenag nou een van die mees ikoniese skilderye is;
teen die doek soek jou hand – onthou jy – en kom die kleure nes gegeurde woorde
en verbeel jy die nag meer kleurvol as die dag: groen, pienk, blou, violet, géél – ongehoorde,
rare kleure – bo die rustige dorpie, besig om te ontwaak; die sipres, donker, die lug in,
reikend na God en die skeppingsdaad; jý op weg na waansin
en skeppend mét Hom, met sy passie, sy drie-enige, ryklik bedeelde verbeelding;
nag, dag, gewelwe ─ ons manier van weet, wees: ’n goddelike speelding;
aan die begin, toe Gods Gees fladder (nes ’n arend) oor die donker aarde, skilder jy dít:
God, Groot Oerknal, ontplof in verskietende sterre, magenta en marmer-wit

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top