
Jannie Pretorius skryf op Facebook:
Ek het vir myself ’n Aardryskundeles gegee. Hoekom, was my vraag aan myself, is die Israeli’s en Amerikaners so bang Iran kry ’n atoombom?
Toe dag ek: hoe groot is Israel in vergelyking met die Vrystaat?
Die Bot sê Israel is so net meer as 22 000km², die Vrystaat 123 000km². Israel sal gemaklik vyf tot ses keer in die Vrystaat inpas. Die Bot teken vir my ’n kaart.
Daar bly so 10 miljoen mense in Israel en 3 miljoen in die Vrystaat. Die hoogste konsentrasie Israeliete bly in die drie groot stede: Jerusalem, Tel Aviv en Haifa. Kwesbaar vir ’n kernbom. Israel word dikwels die “one bomb nation” genoem. Een fris kernbom sal genoeg wees. Ballistiese missiele neem tussen 10 en 12 minute om Israel vanaf Iran te bereik. Dis min tyd om te reageer – en één fout ...
Nou kom die vraag: hoe sou ons Vrystaters reageer as die Gautengers gereeld missiele op ons afskiet, die Wes-Kapenaars ons van die suide inval, 1 500 Vrystaters vermoor, verkrag en wegvoer en die regering in Madagaskar ’n kernbom probeer kry of vervaardig – en boonop gereeld skree “Marg bar Free State! Death to the Free State!”?
Ek sou ernstige beroering en ’n byenes van bedrywighede in Tempe verwag ... die Vrystaat voel skielik maar kléín en kwésbaar vir my ...
Lees ook:
A hugely important book: A reader’s impression of The bitterness of olives by Andrew Brown
21 Voices: Why the Palestinian struggle is a global matter, a reader’s impression
Hope, belief: A reader’s impression of 21 Voices by Marthie Momberg
So nodig soos kamele: ’n lesersindruk van Marthie Momberg se 21 Voices from Israel and South Africa
21 Voices deur Marthie Momberg en die Palestynse stryd: Wat kan jý doen? | Naledi-dag 2023


Kommentaar
Inderdaad! Perspektief is nogal 'n wonderlike ding.