Hieroglyphic stairway
it’s 3:23 in the morning
and I’m awake
because my great great grandchildren
won’t let me sleep
my great great grandchildren
ask me in dreams
what did you do while the planet was plundered?
what did you do when the earth was unraveling?surely you did something
when the seasons started failing?as the mammals, reptiles, birds were all dying?
did you fill the streets with protest
when democracy was stolen?what did you do
once
you
knew?
Hierdie uittreksel uit die bekende gedig “Hieroglyphic stairway” van Drew Dellinger word meestal gebruik waar klimaatsverandering ter sprake is, maar gister het iets amper onwerkliks gebeur minute nadat dieselfde vraag gevra is tydens ’n gesprek met Marthie Momberg oor haar boek 21 Voices from Israel and South Africa: Why the Palestinian struggle matters.
Die gesprek het plaasgevind in Stellenbosch op ’n spesiale Naledi-dag tydens die Toyota US Woordfees, gereël deur Naledi se uitgewer Johan Coetzee. Hoewel hierdie gesprek nie amptelik op die Woordfees-program was nie, was dit met toestemming van die organiseerders.
Dikwels word mens op onverwante plekke op onverwagte maniere diep geraak op ’n manier wat jy in elke sel van jou liggaam voel vibreer, wat jy in yskoue rillings uitslaan, jou hele lyf hoendervleis in versengende Stellenbosch-hitte. Dan wéét jy op ’n baie diep vlak dit het met ’n spesifieke rede met jou gebeur, dat jy presies op daardie oomblik daar was. Jy weet ook jy moet iets doen daaraan en dan verder vergeet daarvan. Jou taak is voltooi. Gister was so ’n dag.
Marthie Momberg het die afgelope maande verskeie gesprekke en radio-onderhoude gedoen, met ongelooflik goeie reaksie vanuit ingeligte geledere. Die doel van hierdie skrywe is geensins om ’n opinie te waag, of haar gesprek wat ek die voorreg gehad het om by te woon, te resenseer nie. Dit is allermins om ’n opinie uit te spreek oor die situasie, of om kant te kies. Ek wil eerder die gevoel oordra van gebeure direk na haar praatjie.
Ons was getref deur die tydsberekening, hoe hierdie gesprek gereël is voordat die verskriklike gebeure in Israel en Palestina begin het. Dit was uiters relevant en nodig vir my om die perspektief wat Marthie met ’n groot gehoor gedeel het, te hoor. Dit is so objektief aangebied as die objektiwiteit wat sy oor die situasie bepleit.
Baie kortliks: Sy het verduidelik dat geweld nie net met wapens en bloed te make het nie. Sy het verset binne die konteks van 75 jaar se gebeure geskets, wat internasionale reg toelaat in situasies en wat nie, en wanneer iets in terrorisme ontaard.
Die kern waarby ek wil kom, is die vrae wat ontstaan na aanleiding van die situasie. Vrae wat Momberg haar afvra, en vrae uit die gehoor.
Wat kan ons doen om geweld in al sy vorme te beëindig/verminder? Wat kan ek doen om iets te verander? Gaan hierdie boek die situasie help?
Die skrywer het dit perfek opgesom: Sy kan nie die situasie verander nie. Niemand kan dit alleen doen nie. Maar elke mens kan iets kleins doen: Sy kon die boek skryf, en gesprekke soos hierdie doen.
........
Die skrywer het dit perfek opgesom: Sy kan nie die situasie verander nie. Niemand kan dit alleen doen nie. Maar elke mens kan iets kleins doen: Sy kon die boek skryf, en gesprekke soos hierdie doen.
........
Wat egter broodnodig is, is voordat iets gedóén kan word, moet daar nagedink word, met empatie en begrip, objektief na elke kant gekyk word. Daar hoef nie noodwendig kant gekies te word nie, want so ’n verwikkelde, komplekse situasie het fasette van goed en kwaad, goed wat na kwaad geskuif het en vice versa. Historiese perspektiewe moet geskuif word. Die konsepte van goed en kwaad moet in konteks van historiese gebeure bekyk word, aan die hand van menslikheid, deernis en empatie.
Die wêreld waarin ons leef, het hard en wreed geword en die donker wil die lig verdring. Daar moet verandering kom om die politieke stelsels wat ons wêreldwyd in die steek laat, se resultaat om te keer. Ons moet poog om die balans te herstel, want op die oomblik is daar soveel indirekte, bykomende skade wat ons menswees aantas, gebring deur omstandighede buite ons beheer.
Wie moet hierdie verandering bring? Ons moet. Ons almal. Hoe? Ons moet doen wat ons kan, waar ons is. Hoe? Deur net ons lewe te leef – jy weet nooit hoe diep dit ’n ander raak nie.
Na Marthie se emosionele praatjie het ek uitgeput gevoel, en totaal onbevoeg om minute later oor my en Analize Viljoen se boek Oop deure te praat. Om letterlik in dieselfde stoel te gaan sit waar Marthie se sitplek nog warm was en ’n nuwe gehoor begin regskuif om ’n ander soort stoom uit daardie stoel te sien trek. Dit het vir my oppervlakkig gevoel, maar toe besef ek balans is inderdaad op alle vlakke nodig en hierdie sessie is ook nodig.
Ek het niks daarvan gedink toe ek sien my man wat pas aan Marthie se lippe gehang het, het verdwyn toe ons begin nie – hy het darem al deur twee vorige bekendstellings gesit. ’n Ruk later het hy egter weer verskyn en na Lelanie Roode se gesprek geluister.
........
Na ’n paar baie intense dae en baie adrenalien was ek gereed om Stellenbosch se hitte en stof van my af te skud en my seergeloopte voete in Kleinmond se koue seewater te gaan laaf. Ek wou ook my man met sy sensitiewe vel uit die son kry, maar hy dring toe aan ek moet eers saamstap, hy wil my iets gaan wys, en ons moet Marthie se boek saamneem.
........
Na ’n paar baie intense dae en baie adrenalien was ek gereed om Stellenbosch se hitte en stof van my af te skud en my seergeloopte voete in Kleinmond se koue seewater te gaan laaf. Ek wou ook my man met sy sensitiewe vel uit die son kry, maar hy dring toe aan ek moet eers saamstap, hy wil my iets gaan wys, en ons moet Marthie se boek saamneem. Vreemd, maar ek vertrou hom.
Die “iets” staan toe op die hoek van Noordwal-Wes-weg en Die Laan. ’n Yslike beeld van ’n ou man met ’n oop boek voor hom, deur die kunstenaar Jean Theron Louw – Seemingly peaceful. ’n Goudbrons duif sit en kyk vir hom. Sonder ’n woord wys hy na die boek met gegraveerde woorde in die ou man se hande.
Toe ek die uittreksel uit die gedig “Hieroglyphic stairway van Drew Dellinger” op die metaalboek lees, het dit my getref. Daardie gevoel, amper soos déjà-vu. Dit vat jou aan die bors, jou longe versteen en jou stembande raak verlam. Op ’n snikhete dag vibreer daar yskoue rillings deur elke vesel van my lyf, my hele lyf die ene hoendervleis, die haartjies op my arms tentakels wat elke flenter energie optel wat deur die digter Drew Dellinger na ons gestuur is met die boodskap: Luister na Marthie Momberg – sy vra die regte vrae, sy bring die boodskap dat ons net moet doen wat ons doen, en dit sal die regte ding wees.
Sy kan die boek skryf, John kan die oomblik identifiseer, en ek kan hierdie woorde voortbring. Die regte mens sál op die regte tyd die regte boodskap kry en die regte ding doen. Goed sal weer lig bring, en kwaad sal kwyn, totdat die balans tussen goed en kwaad herstel het.
Die beeldhouer Jean Theron Louw besin oor ’n aparte plaat:
Seemingly peaceful
An old man sits – seemingly peaceful – and reads on a park bench. I weigh up and question the adjective "peaceful". When he, Oupa Carlos, as an old man, reflects upon the world, can he feel serene? Does he wonder and reflect on how he and his peers have managed to cause the degeneration of the planet? Does he care about the legacy he has left behind? Oupa Carlos, with layers of knowledge and experience like the growth rings of a tree: Was your life egocentric or soul-centric? Did you care for mother earth? If you did, why are we all where we are now?
A single solidly cast dove perches on the bench; gazing at Oupa Carlos. The dove in bronze/gold colour is symbolic of the spirit, illumination, and the sun. The similar colour rendering of the dove and the poem allude to the fact that these are constant solid truths, while the transparency of the rest of the work symbolizes the fleeting nature of humanity. Uncle Carlos's head and hands are a similar colour, as some thoughts and works of man can approach the permanence of truth ...
* * *
I cannot remember ever having been moved as profoundly, as searingly and as painfully … It is a testimony to the immense bravery of the individual and communal spirit.
– Breyten BreytenbachThere is no other book of this kind on the market … It will help readers understand why the plight of the Palestinians concerns all of us.
– Sakkie Spangenberg
Lees ook:
Hope, belief: A reader’s impression of 21 Voices by Marthie Momberg
So nodig soos kamele: ’n lesersindruk van Marthie Momberg se 21 Voices from Israel and South Africa
Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd
Kommentaar
“Goed sal weer lig bring, en kwaad sal kwyn, totdat die balans tussen goed en kwaad herstel het.” Ek identifiseer met: “dis hoe ek my lewe leef…” Mens trap spore en moet versigtig, tog seker, loop, want jy weet nooit wie in spore wil stap nie?
Ja, as mens eers besef hoe verantwoordelik jy self is vir daardie spoor wat jy trap, dan maak jy ook seker wáár jy trap!