Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Marcel van Heerden lees Eugène N Marais se verhaal “Die lied van die reën, ’n Koranna-dwaalstorie” voor. Die verhaal het oorspronklik in 1921 in Die Boerevrou verskyn.
Medewerkers
Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries – LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Simon Barnard – grafiese ontwerp
Vervaardiger
Sonneblom Ateljees
Kommentaar
Ek kan nie my waardering genoeg uitspreek vir die voorlesings nie. Ek kan nie wag vir die volgende nie. Baie dankie.
Die luisterverhale is louter genot. Baie dankie vir die voorlesings.