Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Etienne van Heerden, uitvoerende redakteur van LitNet, sê:
Dis lekker dat LitNet, as deel van sy kwarteeuvieringe, van Afrikaans se voorste kortverhaalskrywers na ons luisteraars kan bring en dat ons daarby ons bekendste stemkunstenaars kan huldig. Vir my is dit besonder gepas dat ons met Chris Barnard, een van ons taal se voorste stiliste, kan wegspring. Sy oeuvre het sedert my skooldae ’n groot indruk op my gemaak.
Katinka Heyns sê: “Luisterverhale is ’n droom wat uiteindelik bewaarheid word, danksy Dagbreek en LitNet.”
Verhale van Audrey Blignault, Barry Hough, Breyten Breytenbach, Chris Barnard, Elsa Joubert, Eugène Marais, Fransie Philips, Hennie Aucamp, Jan Rabie, Jan Spies, JM Gilfillan, Petra Müller, PG du Plessis en Riana Scheepers sal vanaf 22 Februarie 2024 weekliks op LitNet beskikbaar gestel word.
Anrich Herbst het die tegniese versorging gedoen.
Luister hier:
Luisterverhale: “’n Man kom tuis” deur Chris Barnard, voorgelees deur Marcel van Heerden
Luisterverhale: "Die padda en die maan" deur Jan Rabie, voorgelees deur Tobie Cronjé
Luisterverhale: "selfmoord 2" deur Breyten Breytenbach, voorgelees deur Marcel van Heerden
Luisterverhale: "Kafee" deur Elsa Joubert, voorgelees deur Rolanda Marais
Luisterverhale: "Roomys" deur JM Gilfillan, voorgelees deur Marcel van Heerden
Luisterverhale: "Die honger knaag nog" deur Barrie Hough, voorgelees deur Tobie Cronjé
Luisterverhale: "Drie kaalkoppe eet tesame" deur Jan Rabie, voorgelees deur Tobie Cronjé
Luisterverhale: "fascistiese pampoen" deur Breyten Breytenbach, voorgelees deur Marcel van Heerden
Luisterverhale: "Die Rachelsporsie" deur Riana Scheepers, voorgelees deur Rolanda Marais
Luisterverhale: "Soontjie" deur PG du Plessis, voorgelees deur Marcel van Heerden
Luisterverhale: "Bos" deur Chris Barnard, voorgelees deur Marcel van Heerden
Luisterverhale: "Belhambra" deur Petra Müller, voorgelees deur Rolanda Marais
Luisterverhale: "Het olifante elmboë?" deur PG du Plessis, voorgelees deur Tobie Cronjé
Luisterverhale: "Moeder koei" deur Jan Rabie, voorgelees deur Tobie Cronjé
Luisterverhale: "’n Poort deur die koue" deur Jan Spies, voorgelees deur Tobie Cronjé
Luisterverhale: "Sa, vat hom!" deur Audrey Blignault, voorgelees deur Rolanda Marais
Luisterverhale: "Genis, geeste en gesies" deur PG du Plessis, voorgelees deur Tobie Cronjé
Luisterverhale: "Om laaste te kan lag" deur Chris Barnard, voorgelees deur Marcel van Heerden
Luisterverhale: "Die lied van die reën" deur Eugène Marais, voorgelees deur Marcel van Heerden
Kommentaar
Wat 'n genot! Baie dankie vir die inisiatief. Meesterlik voorgelees.
Wonderlike inisiatief! Dankie!
Dankie! Heerlike ontdekking.
Ek is so bang dat ek een daarvan sal misloop. Dit is heerlik om in Afrikaans na sulke uitnememde skrywers te kan luister.
Die verhaal wek rou emosie op en die verlange na 'n eenvoudiger manier van lewe en lief wees . Meesterlik voorgelees. Kan nie wag vir die volgende een nie. Dankie Katinka en span!
Ek het altyd vir die kinders gesê. As julle soet is, lees ek die laaste periode vir julle die Vaal Koestertjie.
As ek hom klaar gelees het, pleit die kinders. Ag Meneer lees hom asseblief weer!
Dankie!
Ek geniet die voorlesings terdeë, baie dankie. Doet asb so voort!
Ek het dit nou werklik geniet. Dit is stories waarmee ek groot geword het. Jan Spies se tandestories en die drie kaalkoppe van Jan Rabie veral onthou ek goed. Die ander net so briljant, party effens vreemd, maar uiters genotvol. Sal beslis nog meer hiervan waardeer.
Pragtig! Wat 'n wonderlike inisiatief! Baie dankie!
Goeie môre, ek is 'n dame van 52 jaar jonk. Ek stel regtig baie graag belang om kortverhale te lees. Dit was vir my 'n passie gewees. Ek moes altyd vir die kinders lees terwyl Juffrou besig was. En na die tyd het sy hul vrae gevra oor wat ek geleer het.
Ek geniet die stories baie. Ek het dit al oor en oor geluister. Sien baie uit na nuwe stories! Baie dankie!
Baie dankie!