Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Marcel van Heerden lees Chris Barnard se verhaal “Bos” voor. Die verhaal het oorspronklik in Duiwel-in-die-bos, in 1968 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.
Medewerkers
Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries – LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Simon Barnard – grafiese ontwerp
Vervaardiger
Sonneblom Ateljees
Kommentaar
Duisend dankies vir hierdie bederf!!!!!
Oe! Die taal is mooi.
Ons met oog- en leesprobleme is u geweldig dankbaar vir die leesverhale. Wat 'n heerlike bederf!
Ongelooflik.
Wat ń lekkerte! Dankie.
Baie, baie dankie.
So lekker om na jou hartstaal te luister.