Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Tobie Cronjé lees Barrie Hough se verhaal “Die honger knaag nog” voor. Die verhaal het oorspronklik in Skimmelstreke, in 1995 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.
Die illustrasie van Hough se gesig wat hier gebruik word, het op die voorblad van Skimmelstreke verskyn. Die omslag is ontwerp deur Herman Koch na aanleiding van ’n foto deur Robert Hamblin.
Medewerkers
Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries – LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Izak de Vries – grafiese ontwerp
Vervaardiger
Sonneblom Ateljees
Kommentaar
Barrie Hough se heengaan was 'n enorme verlies vir Afrikaans.
Dit was soo mooi!
Baie dankie.👌
Dit was nou mooi.
Dit was pragtig. Baie dankie.
Baie dankie, ek het dit so geniet. Het nooit van Barrie Hough geweet nie. Gaan nou beslis uitkyk vir sy werke. groete
Baie dankie, Tobie. 'n Pragtige voorlesing.
Fantasties. Een van my gunstelingskrywers en -akteurs. So mooi!
Kan iemand my help? Wat die tema is van hierdie verhaal? Asb, dankie.