Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Tobie Cronjé lees Jan Spies se verhaal "’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke" voor. Die verhaal het oorspronklik in Poort deur die koue, in 1984 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.
Medewerkers
Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries – LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Simon Barnard – grafiese ontwerp
Vervaardiger
Sonneblom Ateljees
Kommentaar
Met my prentjiebrein het ek lekker gekyk na al die papbekke. Wens hierdie kon opgevoer word! 'n Meesterwerk!
Ek wil baie graag na Luisterverhale luister.
Wat is die moontlikheid om hierdie luisterverhale te kan aflaai om dit beskikbaar te stel vir senior burgers wat gesiggestremd is en nie die skakels sal kan volg nie?
Annalize. My gesiggestremde vriende luister lekker na hierdie verhale. Ons het dit getoets. Ons lisensie op hierdie werk is beperk tot aanlynstroming.
Is daar nog verhale om na te luister?
Beste Estelle, volg gerus hierdie skakel om uit die volle keur van luisterverhale te kies: https://www.litnet.co.za/luisterverhale/
Daar is elke week 'n nuwe verhaal om na te luister.
Vriendelike groete
Jannike Bergh, assistentproduksiebestuurder
Wil graag luister
Geniet dit baie
Geniet die stories baie! 😅