Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Tobie Cronjé lees PG du Plessis se teks “Het olifante elmboë?” voor. Die verhaal het oorspronklik in Het olifante elmboë? Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur PG du Plessis, in 1987 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.
Medewerkers
Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries – LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Simon Barnard – grafiese ontwerp
Vervaardiger
Sonneblom Ateljees
Kommentaar
Ons het darem briljante skrywers en voorlesers.