Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Marcel van Heerden lees Petra Müller se verhaal “Dit gaan nie goed met ou Bertie nie” voor. Die verhaal het oorspronklik in In die omtes van die hart en ander verbeeldings, in 1995 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.
Medewerkers
Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries – LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Simon Barnard – grafiese ontwerp
Vervaardiger
Sonneblom Ateljees
Kommentaar
Pragtig.
Daar bo het so baie al vergeet, maar ons dra nou nog aan die gevolge.