Luisterverhale: “’n Man kom tuis” deur Chris Barnard, voorgelees deur Marcel van Heerden

  • 14

Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.

Marcel van Heerden lees Chris Barnard se verhaal “’n Man kom tuis” voor. Die verhaal het oorspronklik in Chriskras, uitgegee deur Tafelberg in 1972, verskyn.

Medewerkers

Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries –  LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Simon Barnard – grafiese ontwerp

Vervaardiger
Sonneblom Ateljees

Al die Luisterverhale is op hierdie blad beskikbaar:

Luisterverhale

  • 14

Kommentaar

  • Elizabeth Swartz

    Wat ‘n plesier om na ‘n kortverhaal deur Chris Barnard te luister. Hy is steeds een van die beste skrywers wat Afrikaans opgelewer het.

  • Bets de Jager

    Ek wil dit graag luister, maar hoe gemaak? Is dit beskikbaar om te huur, of op preskripsie beskikbaar.

  • "'n Man kom tuis" ... aangrypend.
    Baie dankie aan almal wat hierdie projek moontlik gemaak het.

  • Linette Steenkamp

    Pragtig! Dankie!
    ‘My broer se kraai’ is ook een van my gunstelingkortverhale - ook uit Chriskras.

  • Ek kon absoluut die prentjies sien! Wat n mooi verhaal. Lus om weer daarna te luister. Dankie vir hierdie inisiatief.

  • Annelize Slabbert

    Toe ek hierdie eenvoudige, roerende storie na soveel dekades hoor, was dit of Chris self, pyp in die hand, aan die woord is.

  • Nou weet ek wat my Afrikaans-leerders môre in die klas gaan geniet! Mag hulle ook die "mooi" raakluister!

  • Yvette Kuffner

    Wat 'n wonderlike voorreg om net te kan luister. En net te kan verbeel hoe die stories afspeel. Baie, baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top