Luisterverhale: "Drie kaalkoppe eet tesame" deur Jan Rabie, voorgelees deur Tobie Cronjé

  • 12

Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.

Tobie Cronjé lees Jan Rabie se verhaal “Drie kaalkoppe eet tesame” voor. Die verhaal het oorspronklik in 21, in 1956 deur Human & Rousseau uitgegee, verskyn.

Medewerkers

Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries –  LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Simon Barnard – grafiese ontwerp

Vervaardiger
Sonneblom Ateljees

Al die Luisterverhale is op hierdie blad beskikbaar:

Luisterverhale

  • 12

Kommentaar

  • Nico M Ferreira

    Ag nee, Rensie ou dier, waar val jy nou uit?

    Hierdie word deur die "kundiges" as Rabie (die vader van die Sestigers) se mees bekende/beroemde/berugte kortverhaal beskou. Soms absurd-surrealisties, soms filosofies, soms polities. Duidelik tydloos, want ons is steeds besig om die vrate te voer en om die korruptes te ondersteun...

    Nico M Ferreira

  • n Suiwer skepping van Jan Rabie se treffer-kortvehaal. Tobie se stem vergesel die woorde tot die perfekte absurditeit ingeweef in Rabie se fyn kommentaar.

  • Wat my nou skielik na al die jare opval, is die rol van die lang skraal swygsame kelner. Wie wil 'n mening waag?

  • Karen Varnard

    Die verhaal het my so aangegryp dat ek dit in 'n toneelstuk met my skooltoneelgroep opgevoer het. Dit was 'n besondere ervaring vir my en my groep. Die bundel betower nog steeds na al die jare.

  • Elize Swanepoel

    Is daar asseblief enige inligting beskikbaar oor "Ek het jou gemaak" deur Jan Rabie. Dit is deel van die navorsingsprojek vir graad 8.
    Baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top