Luisterverhale, ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet, word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.
Tobie Cronjé lees uit Fransi Phillips se Sewe & sewentig stories oor ’n clown voor. Die verhale is oorspronklik in 1985 deur HAUM-Literêr uitgegee.
Medewerkers
Astrid de Vos – uitvoerende trustee, Dagbreek Trust
Etienne van Heerden en Izak de Vries – LitNet
Katinka Heyns – vervaardiger/regisseur, Sonneblom Ateljees
Anrich Herbst Ateljees – Opname en klankversorging
Johnny de Ridder – kenwysie
Izak de Vries – grafiese ontwerp
Vervaardiger
Sonneblom Ateljees
Kommentaar
Baie dankie!
Baie dankie Fransi en Tobie en die span. Dit is so lekker om net te ontspan en te luister.