Fransi Phillips

Fransi Phillips skryf sedert die 80s aweregse Afrikaanse fiksie in allerlei genres. Sy het in Pretoria skoolgegaan en studeer, en as kunsjoernalis en kulturele raadgewer gewerk. Tans bly sy naby Moskou, waar sy Engels gee en probeer uitfigure hoe om op ys te loop en hoe die Weste lyk vir mense wat oos van die Oekraïne bly. Haar roman Net ’n lewe was in 2012 op die kortlys vir die M-Net-Prys en die UJ-prys. Liefde in die tyd van die internet is haar eerste roman in sewe jaar. 

Luisterverhale: Sewe & sewentig stories oor ’n clown deur Fransi Phillips, voorgelees deur Tobie Cronjé

Fransi Phillips, Tobie Cronjé Luisterverhale 2024-06-04

Tobie Cronjé lees uit Fransi Phillips se Sewe & sewentig stories oor ’n clown voor. Die verhale is oorspronklik in 1985 deur HAUM-Literêr uitgegee.

Liefde in die tyd van die internet: ’n onderhoud met Fransi Phillips

Naomi Meyer, Fransi Phillips Skrywersonderhoude 2018-10-25

"Die storie moet homself skryf of anders gaan niemand dit doen nie. Ek het ook baie min tyd om te skryf. My digbundel My lied van die niet het ek in twee dae geskryf, en die grootste deel van Liefde in die tyd van die internet is tussen treine op die Moskou-metrostasies geskryf, met die mees ondenkbare lawaai in my ore."

Top