Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Misofonie

Handré Brand Menings 2025-05-15

"Vir mense met misofonie is die blootstelling aan spesifieke agtergrondklanke nie bloot vlugtig en van verbygaande aard nie, maar eerder ’n onhanteerbare werklikheid. Vir hulle is sekere klankprikkels die bron van hul intense en atipiese emosionele reaksies daarop."

Digters, denkers en datamasjiene: Wie se werk is dit?

Mercia Coetzee LitNet25-skrywersberaad 2025-05-15

"Weer eens het ek ChatGPT self genader vir ’n lys van dié KI-tegnologieë wat die meeste, en met die meeste sukses, vir sodanige samewerking gebruik kan word."

Die 49 wit Afrikaanssprekendes in die VSA: "vlugtelinge" of vlugtelinge?

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2025-05-15

Waarom word bruin Afrikaanssprekendes by Trump se uitvoerende bevel uitgesluit? Hoe definieer die Verenigde Nasies vlugteling? Hoe gaan die vergadering tussen president Ramaphosa en president Trump moontlik verloop? In hierdie onderhoud met politieke ontleder Theo Venter kom ook onderwerpe soos Nampo, grondonteiening, misdaad op plase, werksgeleenthede in Suid-Afrika en assimilasie in die VSA onder die loep.

Springmielies: Oor die ydelheidsindustrie en ander skoonheidsnarratiewe

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-05-14

"Die narratief van beeldskone vroue is so oud soos die mensdom self. Mens kan nie kompeteer met die skoonheidskoninginne van Hollywood, die sosiale media, die geskiedenis en selfs verhaalkuns nie."

Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das

Jason Lloyd Rubrieke 2025-05-14

"Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek uiteindelik die boek Eindstryd (Tafelberg 2012) deur die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse klaar gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare ’80."

Taalgebaseerde spanning in Indië: ’n sosiohistoriese perspektief

Ernst Kotzé Menings 2025-05-14

"Vanaf 2025 is Indië die land met die grootste bevolking ter wêreld (1 463 865 525, teenoor China se 1 416 096 094). Dit is ook een van die mees diverse lande in die wêreld wat betref die taleverskeidenheid, met 22 grondwetlik erkende tale, honderde streekstale en meer as duisend dialekte. Volgens verskeie bronne is die totale aantal tale en dialekte wat onderskei kan word, meer as 1 800."

China’s dominance in African port development

Fanie Herman Opinion 2025-05-14

"China’s presence in Africa’s port sector is unmatched anywhere else in the world. By contrast, Latin America and the Caribbean host only 10 ports built, financed or operated by Chinese firms, while Asian countries have 24."

Winde van verandering: Suid-Afrika se nuwe politieke landskap in fokus

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-14

"Christo van der Rheede se insigte bied ’n skerp blik op die kragte wat die land se toekoms vorm, veral in die konteks van die RNE en die globale winde van proteksionisme, nasionalisme en ekonomiese herskikking."

Universitêre outonomie: Suid-Afrika, VSA en elders

Charl Wolhuter Universiteitseminaar | University Seminar 2025-05-14

"’n Derde bron van druk op akademiese vryheid en universitêre outonomie in die hedendaagse wêreld is die groeiende tendens van populisme, wat sedert ongeveer ’n dekade gelede in baie dele van die wêreld sigbaar is. Die verskynsels waarmee populisme verbind word, of wat elemente daarvan vorm, soos identiteitspolitiek, etniese of identiteitsmobilisering, fopnuus, onverdraagsaamheid, reduksionistiese denkskemas en persoonlikheidspolitiek, maak eweneens die verwerkliking van akademiese vryheid en universitêre outonomie onmoontlik. Terwyl die mees markante voorbeeld hiervan sekerlik die optrede van Donald Trump in die VSA is, is dit nie moeilik om ander voorbeelde in alle wêrelddele te vind nie."

Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-05-13

"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."

Goue lint my storie begint: Die unieke aard van kinder- en jeugboeke

Anke Theron Kinderboeke 2025-05-13

"Wat maak kinderboeke werklik anders en veelsydiger as volwasseneliteratuur? Waarom neem ons dit ernstig op? Waarom en hoe kan ons dit as waardevolle literatuur beskou? Al hierdie vrae se antwoorde begin by die konstruering van ’n definisie: Wat is kinderliteratuur?"

Afrikaans se amptelike status in Oudtshoorn gevier

Izak de Vries Menings 2025-05-12

Afrikaans het op 8 Mei 1925 ’n amptelike taal geword.  Op Donderdag 8 Mei 2025 is “Nkosi sikelel’ iAfrika” gespeel terwyl ons landsvlag voor Arbeidsgenot, CJ Langenhoven se woning, gehys is. Later die aand is ’n viering van Afrikaans gehou in die Neelsie, ’n teater wat op Arbeidsgenot se gronde staan.

Op dees aarde: Griepinentings

Elsabé Brits Rubrieke 2025-05-12

"Daar is jaarliks tussen 7 000 en 12 000 seisoenale griepsterftes in Suid-Afrika, en meer as 40 000 mense moet in die hospitaal behandel word. Jy kan egter voorkomend optree teen griep en ander oordraagbare siektes deur entstowwe te neem."

Wat sê Bettina? Maak dit saak waar pous Leo XIV gebore is?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-05-12

"Robert Prevost, wat nou as pous Leo XIV sal bekendstaan, is in Chicago gebore, maar het ’n groot deel van sy lewe buite die VSA deurgebring. Hy het inderdaad burgerskap van Peru ontvang. Interessant dat hy gekies het om sy eerste toespraak as pous in Italiaans en Spaans te lewer, met nie ’n woord Engels as kopknik na sy Amerikaanse wortels nie."

Toorkombuis: Afrikaans is my kombuistaal

Karen Hart Kos en wyn 2025-05-09

"Ek droom en dink en skryf Afrikaans. Ek leef Afrikaans. Ek kook Afrikaans ... die taal sing in my kombuis. Ystervarkies en repelsteeltjies, murgpampoentjies en soetrissie, borriepatat, spruitkool, boerpampoen en pampoenkoekies, wonderpeper en fenegriek ..."

Gewone Afrikaanse mense

Mercy Kannemeyer Menings 2025-05-09

"Afrikaans is dalk ’n hoer, maar sy’s ons almal se ma."

Winds of change and the growth of national consciousness

Christo van der Rheede Opinion 2025-05-09

"Let us redirect the winds of change that started blowing in South Africa from the founding of our constitutional democracy to make it a reality for everyone."

Die veelrassige storie van Afrikaans

Izak de Vries Menings 2025-05-09

"Die storie van Afrikaans het begin kort na 1500 toe Westerse skepe om die Kaap begin vaar het na die speserye in die Ooste. Die Khoi het só mense ontmoet wat Nederlands, Engels, Frans en Portugees gepraat het."

Afrikaans, my anker tussen koffiewasems en verkeersligte

Toyer Hefca Menings 2025-05-08

"In ’n tyd waarin taal dikwels politiek, identiteit en spanning simboliseer, dink ek Afrikaans moet nie net beskou word as ’n kultuurerfenis nie, maar as ’n lewende ruimte. ’n Taal waarin kinders droom, waarin liedjies geskryf en liefde verklaar word. ’n Taal waarin daar steeds gebid en geglo word – al verander die aksente en idiome."

Agterstories – Ideesmouse

Johan Fourie Rubrieke 2025-05-08

"In ’n tyd toe Engels vinnig besig was om die enigste taal van die staat, en dus ’n 'magstaal' te word, was Pieter de Vos een van die eerstes om ’n droom vir taalgelykheid te verwoord, nog lank voordat Afrikaans as ’n amptelike taal erken sou word. ... Dit bring ons by ’n ongemaklike laaste vraag: Wie is vandag se voorste Afrikaanse publieke intellektueles? Wie waag dit steeds om hul stem te laat hoor in die hedendaagse mark van idees, en met watter doelwitte? En watter hedendaagse platforms bevorder die soort intellektuele, openbare debat waarvoor iemand soos De Vos gepleit het?"

Top