
Francois Bekker skryf op Facebook:
Ek het tot gisteraand, toe die nuus breek, nie geweet wie Charlie Kirk is nie. Ek sien vanmôre die betuigings van simpatie op Facebook. The usual suspects, dink ek. Nou weet ons wie is MAGA-akoliete.
Ek betig myself.
Hier is ’n man saam met wie ek nooit rondom ’n braaivleisvuur sou kuier nie. As liberale demokraat egter glo ek onwrikbaar aan vryheid van spraak. Die sluipmoord op Kirk is veragtelik. Enige suggestie van welbehae in sy dood is geheel en al onvanpas.
Waaroor ons diep bekommerd moet wees, is die wegkalwing van die middelgrond. Mense aan beide kante van die politieke spektrum behoort diep introspeksie te doen. Ons moet almal meer moeite doen om na mekaar te luister.
Hopelik is Kirk se gewelddadige dood die tipe wekroep wat ons almal tot nadenke sal lei.

