Elders gesien: ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde
2025-11-26"Barnard Beukman se visie en waagmoed verdien erkenning. Dit gaan nie maklik wees nie. Daar is egter ’n enorme leemte wat gevul kan word. So ja, die potensiaal is daar."
Sluipmoord
2025-09-11"Hier is ’n man saam met wie ek nooit rondom ’n braaivleisvuur sou kuier nie. As liberale demokraat egter glo ek onwrikbaar aan vryheid van spraak. Die sluipmoord op Kirk is veragtelik. Enige suggestie van welbehae in sy dood is geheel en al onvanpas."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise
2025-04-17Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.
SA en die VSA: Hoe gemaak met die diplomatieke impasse?
2025-03-19"Die Suid-Afrikaanse regering moet allereers die erns van die saak besef. Die volgende ambassadeur, wat verkieslik nie ’n politikus moet wees nie, sal met algehele bekwaamheid te werk moet gaan om die beste van ’n slegte saak te maak."
Epistolografie en die letterkunde
2025-03-12"Epistolografie. Skrywers en briewe. Die verband voor die hand liggend. As Hennie Aucamp die byhou van ’n dagboek gelykstel aan ’n sketsboek wat die skilder gebruik om tegnieke met oefenlopies te bemeester, kan die skryf van ’n brief as ’n meestersklas beskou word."
15 punte oor Afrikaners, Trump en Suid-Afrika (elke ketter het mos ’n letter)
2025-02-23"Indië stel ’n voorbeeld vir ons. Ja, hulle is deel van BRICS, maar is welkom in die Withuis. Dit is hoe mens dit doen."
Amerika se politieke alfabet het in ’n tuimeldroër beland
2024-09-18"In die November 2023-uitgawe van The Economist skryf John Prideaux dat Amerika ’n nuwe leksikon benodig om vanjaar se verkiesing te bespreek. Met net meer as ’n maand oor tot stemdag voel dit asof woorde ontbreek om te beskryf wat tans in die VSA gebeur. Die Amerikaanse politieke alfabet, asof in ’n tuimeldroër gegooi, blyk ontoereikend te wees vir die ontleding van die gang van sake."
Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk
2018-07-18"Steve Hofmeyr beloon die Afrikaanse leser met ’n viriele leksikon om aksietonele onder woorde te bring en bewys daarmee waartoe dié taal in staat is."
Vers & kapittel deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
2018-06-27"Gerusstellend het ek geweet dat Hugo met wyd erkende gesag oor die onderwerp skryf. Vers & kapittel bevestig hom as ’n kenner van dié genre."

