
Boekomslag: Gisela Van Garderen Rolfes
Kyk in hierdie videogesprek hoe Johann Rossouw, Francois Bekker en Mart-Marié Uys oor Afrikanerman, wat binnekort verskyn, gesels.
Lees ook:
7
Boekomslag: Gisela Van Garderen Rolfes
Kyk in hierdie videogesprek hoe Johann Rossouw, Francois Bekker en Mart-Marié Uys oor Afrikanerman, wat binnekort verskyn, gesels.
Lees ook:
7
Kommentaar
Ongelukkig is SA Rugby, in teenstelling met die Solidariteit Beweging, deel van die eindtydse teenchristelike woke grenslose globalistiese smeltkroes-eenwêreldorde.
Hanno, ten minste is rugby iets wat werklik bestaan. In teenstelling met iets soos god.
Karla Spamer, bekeer jou tot Here Jesus Christus voor dit vir jou ewig te laat is, asb.
Ons het in die 80's wegbreek uit die NG Kerk na 'n Engelse kerk. My man se familie was baie ontsteld daaroor en het gedink ons het ons Afrikanerskap prysgegee.
Tineke ja, daar waar God betrokke is, daar is dit twis, onmin, drama, onverdraagsaamheid en liefdeloosheid. Ek het nog nooit in my lewe gesien dat geloof in God enige probleem oplos nie. Inteendeel God en die kerk veroorsaak net klomp onoplosbare probleme. In die VSA speel Christene 'n sentrale rol ook in die MAGA beweging van Donald Trump.
Dis miskien wyd van oorspronklike onderwerp af, maar Karla'tjie het 'n kommentaartjie nodig.
Ander moet hul tog nie laat meesleur deur Karla'tjie nie. Plaas dat sy Hanno se raad volg.
Miskien moet sy, Karla’tjie, haar oë inwaarts die rig. Die negatiewe dinge wat sy aanhaal kom feitlik ooreen met dit wat ons in Gal.5:19 teëkom. Haar beskuldigende vingertjie is na vore gerig maar sy kyk die drie wat anderkant toe beduie, mis. Maar hoe kan sy anders, 2 Kor. 4:4 verduidelik dit mooi – sy skryf hierbo ook oor die klein letter god, maar skuif toe oor na die hoofletter G. Om Ef. 4: 17(b) - 18 onder oë te neem sal ‘n hupstootjie wees.
Om haar belesenheid so 'n ietsie op te knap kan sy en ander ook, gerus nalees oor die begrippe donker en lig.
Dit kom beide in die wetenskap as in die Bybel voor en daar is ‘n merkwaardige konformiteit van die fenomeen lig en duisternis soos wat dit wetenskaplik en in die Bybel beskryf word.
In die wetenskap verwys dit na die geheimsinnige ‘krag’ wat ongeveer 70% van die heelal beslaan en wat veroorsaak dat die heelal al hoe vinnger uitbrei - sterrestelsel beweeg verder en voordurend vinnger van mekaar af.
Ook is daar die donker materie wat se gesamentlike massa veel groter is as al die fisiese voorwerpe in die ganse heelal gesamentlik.
Hierdie donker energie (krag as jy wil) en donker materie teenwoordig in die Heelal is onsigbaarbaar - tog volgens die fisika is dit daar.
Net soos die Christelike Almagtige en Christus Jesus onsigbaar is maar tog as die Heilige Gees binne opreg en gebalanseerde christen gelowiges teenwoordig is.
Feit is - dit is daar.
Vergelyk nou die wetenskaplike en Bybelse perspektiewe oor lig en duisternis.
Wetenskaplike perspektief:
In die fisika is duisternis nie 'n onafhanklike, aktiewe krag nie – dit is bloot die gebrek aan of afwesigheid van lig. So waar kom dit vandaan. Die fisika hou die ‘Big Bang’ as die bron van lig voor. Dit het begin as 'n massiewe en warm uitbarsting (ontploffing) van energie. Lig en materie is onlosmaaklik deel van die heelal se ontstaan. Dit het maar eers in 1965 algemene aanvaarding geniet nadat sterrekundiges die kosmiese agtergrondstraling – skokgolf van die ‘Big Bang’ ontploffing - ontdek het.
Die Bybel het volgens algemene konsensus dit reeds sedert ongeveer 1500 vC geweet, 3491 jaar voor die moderne wetenskaplikes.
Die heelal beweeg volgens die Tweede Wet van Termodinamika van 'n toestand van hoë orde - gekonsentreerde energie of lig - na 'n toestand van maksimum entropie - verspreiding, wat uiteindelik as donker en koud ervaar word m.a.w. tot niks.
Die Bybelse perspektief:
Duisternis as afwesiheid.
Net soos in die fisika, word duisternis in die Bybel dikwels gesien as die afwesigheid van God se teenwoordigheid of lig, eerder as 'n fisiese wese in eie reg.
Skepping van lig:
Genesis 1:3 begin met die opdrag: "Laat daar lig wees!" Die wetenskap stem dus ooreen met die Bybel dat lig die primêre en aktiewe skeppingskrag is wat orde bring in die aanvanklike chaos.
Geestelike en fisiese lig:
In Johannes 8:12 word lig gebruik as 'n metafoor vir lewe en waarheid. Duisternis simboliseer onkunde, sonde en die afwesigheid van God se teenwoordigheid, wat ooreenstem met die idee van "afwesigheid".
So:
In beide die wetenskap en die Bybel is lig die primêre, aktiewe krag wat chaos en leemte (duisternis) oorkom.
Duisternis is in wese die "leë doek" of die toestand van afwesigheid waarteen lig sy krag openbaar.
Om van die Skepper afwesig te wees is jy 'n 'leë doek'.
Ek lees Jan Bosman (hy van die Afrikanerbond) se resensie op Maroela Media van 12 Junie 2026. Onder andere meld hy dat "Sedert1994 het Afrikaner-identiteit 'n merwaardige transformasie ondergaan." Daarom is dit vir my so teleurstellend dat die "wetenskaplike navorsing" nie poog om 'n nuwe, moderne definisie van die begrip/konsep "die Afrikaner" te gee nie. Die data is nou beskikbaar, kon die outeur en die filosoof nie maar koppe bymekaar gesit het om 'n definisie op die tafel te sit nie? Die 300 "ware Afrikaners" wat die vraelys ontvang het, laat my ook wonder, maar kom ons los dit eerder.